in ,

Agri Afrika se Turbo-Max en Tweelingryplanter

So lyk ‛n land nadat die Turbo-Max daardeur is. Oesreste word ten volle benut en winderosie word gekeer.

This post is also available in: English

Agri Afrika se werktuie is nie net akkuraat en uiters doeltreffend nie; dit is ook robuust en stewig om ‛n leeftyd te hou. “Ek het nog nooit ‛n onderdeel vervang nie en nog niks het gebreek vandat ek my Agri Afrika-werktuie gekoop het nie.” So sê Fanie de Jager van die plaas Blaauwskop buite Hofmeyr.

Hy werk al drie jaar met die Great Plains 7,3 m Turbo-Max vertikale bewerker en twee jaar met die Great Plains Tweelingryplanter wat sy mielies, koring, sojabone, lusern en droёbone perfek plant. Hy boer ook met skape en beeste. Sy beeste eet die reste op die lande as hy klaar gestroop het. “Dit is beter gehalte weiding as wat die beeste in die veld sou kry,” sê hy.

Fanie is ook baie beїndruk met die diens van Agri Afrika: “Wessel Pretorius van Agri Afrika het al al die pad van Betlehem af vir my goed gebring wat ek nodig gehad het voordat ek kon plant. Dit is 560 km tot by my.”

Great Plains 7,3 m (24 voet) Turbo-Max

Fanie de Jager by sy betroubare Turbo-Max-saadbedvoorbereider wat doeltreffend deur enige oesreste sny.

‛n Gesonde, oorvloedige oes is afhanklik van ‛n netjiese, ferm, gelyke saadbed, daarom gebruik Fanie die Turbo-Max. Die masjien sny deur digte oesreste en keer nie die grond om nie, maar kraak dit net, sodat die grondlewe behou word. “Die Turbo-Max het 750 kg se ekstra gewigte op hom wat jy kan afhaal,” sê Fanie.

Die masjien werk ook goed op ongelyke lande. “Die spoed wat die Turbo-Max hardloop is tussen 10 en 12 km per uur. Ek bring net die spoed af indien ek op ‛n ongelyke land werk, maar my lande is darem mooi gelyk,” sê hy.

Fanie boer ‛n entjie weg van die rivier af. Hoe verder weg ‛n boer van die rivier af is, hoe ligter is die grond in die land en hoe groter die moontlikheid van winderosie. As jy nader aan die rivier is, is dit nie so groot probleem nie. “Ons wil die grond wat wegwaai keer, daarom los ek die oesreste op die grond. Ek plant my mielies en koring in die mieliereste en spuit dan net voorkomend swamdoders.”

Fanie verstel sy koutergroephoeke van sy Turbo-Max soos die grondomstandighede verander. Jy kan dit van 0 na 6 stel; op 6 is hy op sy aggressiefste. “Ek werk gewoonlik op 4 grade,” sê hy.

Die werktuig is definitief sy geld werd. “Dit wat jy wil bereik met die Turbo-Max, bereik jy. Ek gebruik 40 mm minder water as gevolg van die Turbo-Max en die reste wat op die grond bly en boonop bespaar ek brandstof,” sê hy.

Fanie gebruik ‛n trekker van oor die 200 kW om die werktuig te sleep. “Hy sleep maklik, veral as jy momentum behou.”

Die Turbo-Max bewerk met gemak 40 hektaar per dag van 10 uur.

Great Plains-tweelingryplanter

Fanie gebruik ‛n 110 kW trekker om die planter te sleep en plant maklik 30 hektaar per dag teen ‛n plantestand van 75 000 tot 90 000 per hektaar.

“Met die tweelingryplanter plant ek teen ‛n hoёr plantestand, want die wortel ontwikkel beter met die tweelingry,” sê Fanie.

Die planter het ook Fanie se opbrengs vermeerder. “Ek het by 12 ton per hektaar vasgesteek en kon nie verby dit kom nie, maar danksy die tweelingryplanter is ek nou by 13/14 ton per hektaar.”

Volgens Fanie is dit ook maklik om die planter te kalibreer. “Op die eenhede self is merke wat jy oormekaar sit om dit te doen.”

Om hierdie betroubare en doeltreffende vir jou plaas aan te skaf om opbrengs te verhoog en produksiekoste te verminder, kontak Marius Tolmay by 083-581-5709 of stuur vir hom n e-pos na marius@agriafrika.co.za. Besoek ook www.agriafrika.co.za.

 

Fanie de Jager wys aan ’n landbouverteenwoordiger, Kobus Ackermann hoe goed sy grond herstel het as gevolg van die Turbo-Max se vertikale bewerking – hy het vir die eerste keer in 18 jaar weer erdwurms in sy grond!

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Te veel mielies? Huur ’n Scania

Bonnox beskerm boer se aftreebelegging