in

Agri Afrika: Kyk wat is nuut

This post is also available in: English

So vinnig as wat daar uitdagings voor die saaiboer opduik, net so blitssnel vind Agri Afrika vernuftige oplossings wat die boer stewig ondersteun in sy taak om die bevolking welgevoed te hou.

Vorm die volmaakte saadbed
Almal weet dat die sleutel tot suksesvolle akkerbou sterk, eenvormige ontkieming en groei is met gelyke kanse vir elke plantjie om vog en voedingstowwe te bereik.

Hierdie ideale toestand kan nie bereik word sonder ’n gelyke, eenvormige, fyn saadbed wat ferm kontak tussen saad en grond bewerkstellig nie. En dis net net hier waar Agri Afrika tot die boer se hulp kom met sy Torsion Flex-saadbedvoorbereider. Die Torsion Flex is in modelle wat 9,1 en 12,2 meter wyd werk beskikbaar. Rollers met getande, geboë staallatte is in tandem aan klimbalke gemonteer om te verseker dat geen deeltjie van die land oorgeslaan word nie.

Die wringarms is so gemonteer dat daar minder drukking op die voorste stel rollers is. Dit beteken dat die voorste rollers die heel boonste lagie van die grond bewerk en oor klippe en ander vreemde materiaal kan klim sodat daar nie sinkplaatriffels in die land gevorm word nie.

Die agterste rollers dring die grond meer aggressief binne om dit behoorlik voor te berei en om plantreste en toedienings soos kalk deegliker met die grond te vermeng. Met net een lopie deur die land vorm die Torsion Flex die ideale, egalige, fyn saadbed vir maksimum grondkontak en vogbehoud op plantdiepte.

Torsion FlexSkep die perfekte saadbed met Agri Afrika se vernuftige J&M Torsion Flex-saadbedvoorbereider.

Hou jou stroper aan die loop
As jy gedink het ’n tapkar is maar ’n tapkar, het jy nog nie Agri Afrika se J&M-tapkarre gesien nie. Al die ontwerpkenmerke wat ’n tapkar doeltreffender en boervriendeliker maak, is in hierdie tapkarre saamgevoeg:

• Unieke tenkontwerp wat volledig uittap en nooit verstop nie. Die ontwerp van die tenk en awegaar skakel ook die beskadiging van graan uit.
• Uitlaai-awegaar beweeg tydens uittap na vore sodat die trekkeroperateur beter kan sien wat hy Geen ander tapkar hanteer so maklik nie.
• Ratkas met regstreekse aandrywing vir beste werkverrigting laagste trekker-kragvereiste.
• Geen onbetroubare, onderhoudintensiewe kettings, kettingratte, dryfbande en katrolle nie.
• Die bak bestaan uit plate wat aanmekaar vasgebout word met versterkings waar dit ook al nodig is. As jy jou tapkar stamp, hoef jy nie die hele bak te vervang nie.
• Spesiale groot, breë bande wat nie jou land onnodig vastrap nie. Agri Afrika se J&M-tapkarre is in twee modelle beskikbaar: Die GC24t -1 wat 24 ton of 30,8 kubieke meter graan hou en dit binne 2,1 minute aflaai; en die GC31t-1 wat die 31 ton of 40,5 kubieke meter graan wat sy stewige pens hou binne 2,8 minute oorpomp.

Oorwin verdigtingslae
Konvensionele grondbewerking se groot nadeel is die vorming van verdigtingslae wat opbrengste erg beperk. Die eerste stap na die lonender vertikale bewerking, minimumbewerking of geenbewerking is om hierdie verdigtingslae te verwyder.

Sub-soilerDie eerste stap tot suksesvolle vertikale of geenbewerking is die opheffing van verdigtingslae met Agri Afrika se gedugte Sub-Soiler.

Agri Afrika se Great Plains Sub-Soiler is die werktuig wat verdigtingslae doeltreffend verwyder sonder om die oppervlakte te versteur. Die Sub-Soiler het ’n reeks geribde skyfkouters wat selfs in harde grond insny. Agter elke skottel volg ’n tand met ’n skag van 19 mm, wat die bogrond baie min versteur, maar help om grond ondertoe te breek.

Elke tand het ’n terugskopveer. Heel agter volg ’n staafroller vir elke tand, wat die walletjies wat die ondergrondse bewerking veroorsaak het, ferm vastrap, steeds sonder om die bogrond te versteur. Die Sub-Soiler is beskikbaar in werkwydtes van 4, 5,5, 6,1 en 7,6 meter en benodig 37,3 kW trekkerkrag per tand.

Skakel Marius Tolmay by 083-581-5709, 012-541-1121 of e-pos marius@agriafrika.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Eenstop vir meganisasie~oplossings

Namponuus: Die wiele rol