in ,

AfriKelp ontgin gesondheid uit die see uit

This post is also available in: English

Die see lewer baie skatte op en ՚n besondere een wat landbou geweldig baie verryk is die rooi en bruin seebamboes wat net op ՚n paar plekke in die wêreld voorkom. Hulle tuiste is in suidelike oseane langs ons Weskus en in die Gansbaai/Hermanus-streek.

Die hoë hoeveelheid voedingstowwe, skoon water en die sterk golfaksies maak dat die seebamboes baie vinnig groei en die nodige voedingselemente bevat om dit ook aan ander plante oor te dra. Dié seebamboes is een van die vinnigste groeiende plante op aarde en kan 15 meter hoog word. Dit sal nie maklik binne AfriKelp se konsessie uitgeroei word nie.

Die wetenskaplike naam van die seebamboes is Ecklonia maxima en die wonderbestanddeel wat in hoë konsentrasie in die plant voorkom, is die plantgroeihormoon, ouksien (Engels auxin). Dit is baie ryk in kritieke bio-stimulante en natuurlike groei-elemente (NGE’s). AfriKelp is in 1971 gestig en is vandag deel van die Ascendis-groep. Hulle het sedert hulle ontstaan met rasse skrede gegroei en vandag het hulle ՚n oeskonsessie en verwerkingsaanleg in Gansbaai. By hulle hoofkantoor en –aanleg in Kaapstad doen hulle die toetse, vermenging, verpakking en verspreiding.

AfriKelp se geheim en sukses lê in die feit dat hulle altyd ՚n konstante produk aan boere kan lewer. Elke oggend vroeg word ՚n oesspan in die see uitgestuur om noukeurig met die hand die regte seebamboese uit te soek en af te sny. Die bamboes word dan teruggebring na die fabriek en verwerk om ՚n ekstrak te produseer wat die regte elemente bevat. Seisoenale en klimaatsfaktore veroorsaak dat die bio-stimulante en NGE’s in die bamboes wissel, daarom het hulle ՚n vervaardigingsproses ontwikkel om dit te standardiseer. ՚n Monster van elke produksiebondel word na ՚n onafhanklike laboratorium in Duitsland gestuur om getoets te word sodat die biostimulante, voedingsvlakke en kernbestanddele deurlopend dieselfde is.

So werk AfriKelp se LG-1 Plantgroei-stimulant:

Wanneer dit op die blare gespuit word, word dit maklik opgeneem en van sel na sel tot in die wortels vervoer om die groei van nuwe en bestaande haarwortels te stimuleer. Hoe meer haarwortels, hoe meer water en voedingstowwe word opgeneem. Die haarwortels produseer dan natuurlike groeielemente wat deur die xileem boontoe vervoer word om spruitgroei te stimuleer en vrugset te verbeter.

Die proses neem sewe tot tien dae en produseer ՚n sterker en gesonder plant wat homself ook beter teen biotiese en abiotiese spanningsfaktore kan beskerm. Dit beteken hoër opbrengste en hoër gehalte gewasse.

Die AfriKelp-span het onlangs die bekendstelling van hulle organiese reeks by hulle fabriek in Gansbaai gevier. Nou lewer hulle ՚n groeistimulant waarvan die preserveermiddels ook organies is.

Kortweg bied AfriKelp se plantgroei-stimulant die volgende:

  • Verhoog voedingstof- en wateropname
  • Verhoog natuurlike sitokininproduksie en daaropvolgende blaargroei
  • Verhoog fotosintese en koolhidraatproduksie
  • Verhoog vrugset en vrugbehoud
  • Verhoog vruggetalle, -grootte, -kleur en -suikerinhoud

AfriKelp se groeistimulant is ook wyd aanpasbaar en boere kan dit saam met meeste kunsmis, benatters, plaagdoders, swamdoders, glifosaat en ander onkruiddoders meng om daardie ekstra spuitbehandelings uit te skakel. Jy kan ook elemente soos sink, boor en ander mikro-elemente inmeng.

Baie deeglike toetse is onder meer op tamaties, sitrus, druiwe, amandels, okkerneute, aarbeie, pruime en bloubessies gedoen.

Kontroletoetse regoor die wêreld het die volgende verhoogde opbrengste gelewer:

  • Mielies in die VSA + 31%
  • Tamaties in Meksiko + 26,8%
  • Soetrissies (bell peppers) in Indië + 27,2%
  • Aarbeie in die VSA: + 24%
  • Tafeldruiwe in Suid-Afrika + 71%
  • Tamaties in Suid-Afrika + 19,6%
  • Okkerneute in Chili + 11%
  • Uie in Spanje + 6,9%
  • Suikerriet in Brasilië + 85%
  • Aartappels in Meksiko + 50%
  • Koring in Frankryk + 9,2%

“Ons sien onsself as die mees suksesvolle groeistimulantvervaardiger en -verskaffer in die wêreld ten opsigte van etiese sakepraktyke, doeltreffendheid en omgewingsverantwoordelikheid,” sê Kobus Lindeque, besturende direkteur van AfriKelp.

Natuurlike oplossings is die pad vir die toekoms. Skakel 021-551-3556, e-pos info@afrikelp.com of besoek die webwerf by afrikelp.com om gesonde produksie en groei te verseker.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Stroop die soet smaak van sukses: CLAAS laat spat die wêreldrekords

John Deere – Tegnikus van die Jaar: “My hart klop groen”