This post is also available in: English
Puff Pastry is die alewige “hou-my-uit-die-moeilikheid-uit” bestanddeel! Van soet, tot sout – hierdie deeg is ongelooflik maklik om mee te werk en baie vergewensgesind.
Ons gebruik vandag hierdie lekker deeg en natuurlik – oorskiet braaivleis!!
Jy benodig:
– 1 Rol Puff Pastry
– Oorskiet braaivleis, in repe gesny
– Sous van jou keuse (Blatjang / Sweet Chilli / Tamatiesous – jy kry die idee)
– Gerasperde kaas
– 1 eier, geklits
– Speserye na smaak (ek gebruik my go-to Garlic & Herb)
– Opsioneel: Gesnipperde Spek
Nou maak jy so:
– Rol jou Puff Pastry oop.
– Smeer die sous van jou keuse egalig in die middel van die deeg af (breë strook)
– Sny nou skuins kepe in die deeg tot teen aan die sous. (Sien fotos)
– Plaas nou jou vleis repe en kaas op die sous.
– Vou die repe deeg een na die ander oor mekaar dat dit soos ‘n vlegsel lyk.
– Smeer met geklitste eier en sprinkel met jou speserye.
– Plaas dan nou orige kaas en spek bo-op en bak teen 180’C vir 20 – 30 min.
*Vulsels: Jy kan letterlik enigiets hier binne sit. Van soet tot sout vulsels.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.