in ,

AFMA verseker veilige voer vir veilige voedsel

Die personeel van AFMA en AFMA-lede werk baie nou saam om te sorg dat veilige veevoer van die hoogste gehalte veevoere landwyd vervaardig word.

This post is also available in: English

Die gehalte en veiligheid van ons vleis kan teruggevoer word na die voer wat die vee op plase en in voerkrale vreet. In elke bedryf is daar kansvatters, maar gelukkig is daar ՚n organisasie wat uitmuntende stelsels gevestig het om te verseker dat die veeboer en verbruiker met ՚n geruste hart op ՚n Saterdagmiddag sy hoenderborsie of biefstuk kan geniet.

Animal Feed Manufacturers Association of South Africa (AFMA)se leuse is veilige voer vir veilige voedsel en is die amptelike bedryfsverteenwoordigende liggaam in die vee-, voer- en groter landbou-omgewing wat deur Wet 36 van 1947 gereguleer word.

 Voervervaardiging het na 1930 begin. In 1945 is die organisasie, Compound Feed Manufacturers gestig en in 1988 het die naam na AFMA (Animal Feed Manufacturers Organisation) verander. AFMA is ՚n nie-winsgewende, Artikel 21-organisasie en word slegs deur ledegeld befonds. AFMA verteenwoordig die volle voerbedryf.

Hulle visie is om die voerbedryf volhoubaar te ondersteun en te verbeter deur verantwoordelik binne in die voedselketting te werk te gaan om veilige voer vir veilige voedsel te verseker. Hulle hooffokus in die waardeketting is voerveiligheid, kosveiligheid, naspeurbaarheid en verbruikersveiligheid.

AFMA se deurlopende strategie is om:

• Invloed in die landbou uit te oefen

• ՚n Bedryfsprofiel en bestuursinligting aan lede te verskaf

• Opleiding en vaardigheidsontwikkeling te verskaf

• Kommunikasie en geleenthede (intern en ekstern) te organiseer

• Streeksaktiwiteite vir Southern African Feed Manufacturers’ Association (SAFMA) organiseer en

• Ledewerwing

Die belangrike taak om te sorg dat ons dierlike voedsel veilig is, rus op De Wet Boshoff , uitvoerende direkteur van AFMA se skouers.

Hulle verseker dat die voerbedryf uit een mond praat en beskerm ook die belange van voervervaardigers. Verder moet hulle ՚n ogie oor voerwetgewing en bedryfstandaarde hou.

AFMA bly volhoubaar deur ledegeldbydraes en onderneem ook oudits op hulle lede wat op die lang duur baie waardevol vir vervaardigers is. Geen onderneming wat sy sout werd is kan sonder ՚n onafhanklike kontroleur suksesvol en met vertroue handel dryf, of vertroue afdwing nie.

AFMA se 150 lede bestaan uit 71 voervervaardigers en 79 assosiaatlede wat onder andere graanhandelaars, voermengselvervaardigers, produkverskaffers en toerustingverskaffers insluit. AFMA het ook lede in ander SADC-lande.

Vir meer inligting kan AFMA by 012-663-9097 geskakel word. Stuur ՚n e-pos na admin@afma.co.za of besoek hulle webwerf by www.afma.co.za vir meer inligting.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Feedtek: Maak wins met eie voermengsels

’n Boer wat op PANNAR vertrou, het ’n ware vriend