in

2021 Mielie-oes 5% groter as in 2020

This post is also available in: English

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 16,096 milj. ton gestel, wat 1,09% of 173 800 ton meer is as die vorige skatting van 15,922 milj. ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,755 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,84 t/ha is.

Die geskatte mielie-oes is 5% groter as die 2020-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer.

Die oppervlak onder witmielies is 1,692 milj. ha en vir geelmielies is die oppervlak 1,063 milj. ha. Die produksieskatting van witmielies is 8,934 milj. ton, 1,57% of 137 800 ton meer as die 8,796 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 5,28 t/ha. In die geval van geelmielies is
die produksieskatting 7,162 milj. ton, wat 0,51% of 36 000 ton meer is as die 7,126 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is 6,73 t/ha.

Die opbrengs-bepaling per ha vir die Mpumalanga provinsie is gebaseer op wetenskaplike en objektiewe resultate verstrek deur die LNR. Neem kennis dat die objektiewe resultate vir die Vrystaat en Noordwes provinsies, in Mei 2021 gerapporteer sal word.

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 696 290 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,46 t/ha is.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is verhoog met 3,79% of 65 500 ton na 1,794 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,17 t/ha.

Die verwagte grondbone-oes is ook onveranderd gelaat op 57 900 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,50 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 189 885 ton, wat 1,18% of 2 215 ton meer is as die 187 670 ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 49 200 ha, en die verwagte opbrengs is 3,86 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 56 577 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 47 390 ha, en die verwagte opbrengs is 1,19 t/ha.

Nie-kommersiële mielies – voorlopige oppervlaktes- en produksieskatting 2021

Die voorlopige oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 319 460 ha, wat ’n toename van 7,40% verteenwoordig in vergelyking met die 297 460 ha van die vorige seisoen.

Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 586 650 ton, wat 7,93% meer is as die 543 545 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te
let dat ongeveer 45% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 28%.

Wintergewasse – 2021

Produsente se voorneme om wintergewasse te plant is hoofsaaklik gebaseer op die resultate van ’n nie-ewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en weerspieël die situasie teen die middel van April 2021.

Insette is ook ontvang vanaf die verteenwoordigers van die onderskeie Provinsiale Departemente van Landbou en die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP).

Die syfers vir koring verteenwoordig die totale aantal hektare wat werklik beplant gaan word vir graan, uitgesluit alle hektare wat beplant gaan word vir groenvoer en weiding.

Vroeë aanduidings is dat produsente van voorneme is om 512 500 ha koring te plant vir die 2021-produksieseisoen. Dit is 0,53% of 2 700 ha meer koring
aangeplant as die 509 800 ha in 2020.

Die grootste produserende gebiede is in die Wes-Kaap, met 352 000 ha (69%), gevolg deur die Vrystaat met 77 000 ha (15%) en die Noord-Kaap met 35 000 ha (7%).

Die verwagte aanplantings van moutgars is 95 000 ha – 32,95% of 46 690 ha
minder as die 141 690 ha van die vorige jaar. Die verwagte aanplantings van kanola is ook 95 000 ha, wat 28,17% of 20 880 ha meer is as die 74 120 ha wat aangeplant was in 2020. Produsente is van voorneme om 34 500 ha
hawermout te plant, wat 31,68% of 8 300 ha meer is as die 26 200 ha van die
vorige seisoen. Die verwagte aanplantings van soetlupine is 20 000 ha.

Die voorlopige oppervlakteskatting vir wintergewasse vir 2021 sal op 28 Julie 2021 vrygestel word en die vierde produksieskatting vir somergewasse vir 2021, op 27 Mei 2021.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

volvo

VOLVO S90 D5 AWD INSCRIPTION: Die beter alternatief

Bonsmara genepoel hou n goeie veiling