in ,

Vir presisietoerusting en knap diens, koop by Cerealis

As jy ’n saaiboer is wat die volle voordele van presisieboerdery wil geniet, en as jy boonop aandring op vinnige, kundige en voortreflike diens, is die Cerealis-groep die perfekte verskaffer van jou toerusting. Cerealis spesialiseer in presisieboerdery en is die alleeninvoerders van ’n wye reeks presisieboerderytoerusting vanaf Amerika en Europa.

“Cerealis is ongelooflik en ek sal hulle aanbeveel vir enige boer,” sê Jerry Basson, mielie- en sonneblomboer van Delareyville. “Die keer toe my planter moeilikheid gegee het, was dit op ’n Saterdag 5-uur toe Cerealis boonop hulle jaareindfunksie gehad het. Ek het hulle gebel en ingelig oor my krisis. Sonder huiwering het hulle my kom help. Dit is ongelooflike diens – daar is min organisasies wat op daardie tydstip sal uitkom vir ’n boer.”

Cerealis beweeg aan die voorpunt van die tegnologie met vernuwende produkte vir boere soos presisieplantertoerusting, stropertafels, werktuigbeheerstelsels, outostuurstelsels en databeheer.

Jerry het ’n agt-ry Equalizer-planter toegerus met ’n vApply-toestel (vloeibare kunsmistoestel) van Cerealis gekoop. “Ek en Cerealis stap ’n lang pad ten nouste saam en ek was nog altyd baie tevrede met hulle. My planters het vDrives op en dit is ongelooflik akkuraat.”

Jerry het ook al sy presisietoerusting vir sy Challenger-trekkers en albei planters by Cerealis gekoop.

“Jy kry waarde vir jou geld. As jy ’n probleem het, kan jy selfs met die grootbaas gaan praat en hy sal dit vir jou uitstryk. Jy gaan nie beter kry nie.”

Cerealis se produkte is onder meer AgLeader-moniteringstelsels, WeedIT, Precision Planting, Elliot Manufacturing, Martin Industries, 360 Yield Centre, Sunco Farm Equipment, TeeJet Technologies (almal vanaf die VSA); Drago-mielieplukkerkoppe en Nardi-sonneblomtafels vanaf Italië.

cerealis

  Die Cerealis-groep bied die  volgende vir die boer aan:

  • Die invoer van gespesialiseerde landboutoerusting en onderdele
  • Die installering daarvan
  • Bystand van gekwalifiseerde en flink personeel – vinniger kry jy nie
  • Opleiding vir boere om hulle produkte doeltreffend te gebruik
  • Volledige meganiese werkswinkel met rugsteundiens vir alle produkte
  • Uitstekende naverkopediens
  • Jaarlikse internasionale toere vir opleiding

Volgens Jerry ploeg Cerealis definitief baie terug in hulle kliënte: “Ek was ook al saam met hulle in Italië om ’n Drago-mielieplukkerkop te koop en ek het al ’n toer na Amerika bygewoon.”

agleader

AgLeader nou ook deel van Cerealis

Die Cerealis-groep het onlangs die sakebelange van Nel Precision Farming, insluitend die invoer- en verspreidingsregte van die AgLeader-handelsmerk, oorgekoop. Hiermee streef Cerealis daarna om hulle top produkreeks nog verder uit te brei en sodoende ook presisietoerusting buite die plantermark, in te sluit.

AgLeader word beskou as een van die voorste handelsmerke op die gebied van presisietoerusting, daarom maak hulle die Cerealis-reeks nog meer gedug. Hulle het produkte soos skerms, GPS, outostuur, werktuigbeheerstelsels en databeheerstelsels.

Die AgLeader-kantoor het op 1 Januarie 2018 in Fochville gesluit en deel geword van Cerealis se bestaande kantoor in Lichtenburg om meer doeltreffende diens te lewer. Die bestaande AgLeader-agentenetwerk word behou en daar word beoog om dit uit te brei om die beskikbaarheid en diens van die AgLeader-produkte regdeur Suidelike Afrika toeganklik te maak.

Die Cerealis-groep het regoor die land kundige agente wat net die bruikbaarste raad, beste produkte en getrouste diens aan boere bied. Kontak Josey Hendriks by 018-632-0362 vir meer inligting of besoek hulle webwerf by www.cerealis.co.za

 

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

2 Comments

  1. Ek wil graag die telefoon No van Cerrealis verkry .
    Wil meer inligting en prys van kalibrasie toestel bekom .
    ( Vinnige en akurate lesing te verkry per spuit nozzle )

Dom Boer se lag vir die dag:

Bonnox

Beskerm jou beeste met ’n Bonnox-fort