Loading
Handig
Amarok dubbelkajuit nou beskikbaar met petrolenjin
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-11-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die Amarok dubbelkajuit is nou met 'n TSI-petrolenjin beskikbaar. Die bekendstelling van 'n 2,0 TSI 118kW enjin voltooi die dubbelkajuit-aanbieding wat ook die 2,0 TDI 90kW en 2,0 BiTDI 120kW modelle insluit.
 
Al die enjins gaan gepaard met 'n sesspoed-handratkas. ‘n Outomatiese ratkas word vir die derde kwartaal van 2012 beplan.
 
Sedert die Amarok in Suid-Afrika van stapel gestuur is in September verlede jaar het hy onmiddellik invloed in die bakkie-segment uitgeoefen, veral met sy aktiewe en passiewe veiligheid stelsels.
 
Tot op hede het is meer as 4 500 eenhede van die Amarok dubbelkajuit verkoop, wat hom die tweede gewildste dubbelkajuit-bakkie in Suid-Afrika  maak, vir 2011.
 
In 2010 is die Amarok benoem as 'n finalis vir die Suid-Afrikaanse Gilde van Moterjoernaliste se Motor van die Jaar-toekenning.
 
2,0 TSI 118 kW-enjin
 
Die vier-silinder 2,0 TSI-enjin maak gebruik van 'n turbo-aangedrewe induksie-stelsel en 'n 16-klep-silinderkop. Sy maksimum kraglewering van 118 kW is tussen 3800 rpm en 5500rpm . 
 
Dit is in wringkrag lewering dat hierdie enjin egter uit blink met 300 Nm teen net 1600 rpm regdeur tot by 3750 rpm.
 
Die TSI versnel van 0 tot 100 km/u in minder as 10 sekondes en het 'n topspoed van 180 km/u. Die  brandstof verbruik is ook goed teen 9,6 liter/100 km en CO2-emissies van 228 g/km.

Onderwerpe: Voertuie
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia