Loading
2013 AUDI AVANT S4 Quattro
2013-04-25
Hoekom Suid Afrikaners nie van stasiewaens as motors hou nie bly vir my nogal ‘n geheimenis. Is dit dalk ‘n ingeteelde genetiese afsku aan die ossewa wat steeds onbewustelik subtiel in onse onderbewussyn ons aan stadige sukkel en swaarkry herinner? Wat my verder laat kopkrap is dat die baie gewilde sportsnuts voertuie in wese eintlik maar net ‘n stasie wa op steroids is waarvan sommige darem ook kan fôr-by- fôr as ons voortrekkergene op die roepstem van avontuur en die wildernis antwoord.
 
ACHTUNG! ‘N A~KLAS AANVAL
2013-04-24
Oor jare heen het die vervaardiger van motors onder die drie-punt stêr embleem ‘n formidabele reputasie gebou dat hul produkte sprekend is van gehalte, vindingryke ingeneurswese en goeie vakmanskap. Die produk was gerig op ‘n koperspubliek wat bogemelde kenmerke vooropgestel het en dit uiteraard ook kon bekostig.
 
Chrysler 300C CRD ~ ‘n goeie alternatief
2013-04-08
Die eerste weergawe van die 300C was nooit baie suksesvol in Suid Afrika nie. Sedert sy bekendstelling in 2005het slegs 500 eenhede in Suid Afrika verkoop. Nie juis syfers wat ‘n susksesverhaal vertel nie.
 
Die Nissan Pathfinder is nou nog meer legendaries
2013-04-03
Taai, sag op die oog en toegerus met al die luukshede waarvan ‘n mens kan droom, die Nissan Pathfinder SE is die perfekte voertuig vir die plaaspad. Nissan het onlangs twee splinternuwe modelle bekend gestel.
 
Mercedes CLS 250CDi: Ryk Jan se Slim keuse
2013-03-11
Terwyl ek hier sit en skryf is bevestig dat brandstofpryse in Maart weer met ‘n stewige verhoging gaan klim. Dan het onse nasionale beursiedraer Pravin ook nog ‘n verhoogde heffing aangekondig wat verseker dat die ou sousie se prys in April verseker verder gaan styg. Nou voordat ek en jy gaan terugverlang na die “goeie ou dae” van donkiekarre en perdry - of erger nog fietsry!-
 
Toyota Agt~Ses
2013-02-28
“Uiteindelik!!” hoor ek die middeljarige Toyota aanhanger hier neffens my sug van genoegdoening met die aanskouing van die Toyota 86. Ek het so pas die pêrelwit weergawe voor die Weskus Mall geparkeer en dis sommer gou toe staan belangstellendes nader om Toyota se eerste sportmotor in baie jare te bewonder.
 
Golf 7 ~ Is dit die volk se nuwe wa...
2013-02-14
Toe Volkswagen 35jaar gelede die eerste Golf aan die wereld gewys het, was die ikoniese Beetle die motorpubliek se gewildste motortjie. Vir meeste Volla liefhebbers was die Golf alles wat die Beetle nie was nie. Die waterverkoelde enjin het in die neus gesit en dryf was deur die voorwiele. Die Beetle was rond en “Cute” en die daarenteen Golf hoekig en vierkantig soos destydse supermarktrollies.
 
Bereik hoër hoogtes MX~laaigrawe pas aan enige trekker
2013-01-11
“Dit is die beste laaigraaf wat ek nog ooit gehad het en dit is sommer op my ou klein Claas-trekkertjie,” vertel Kobus Papenfus van Carolina. Hy is een van die wakker boere in die land wat gou besef het dat jy met Crop-Tech se MXlaaigraaf twee masjiene se werk met een masjien kan doen.
 
Geen vyfde wiel aan hierdie waens
2013-01-10
ProAgri se kollegas by TechSmart het onlangs ‘n paar draaie gery om die taai mededinging in die luikrugmark te bekyk. Hulle het vir ons die top vyf uitgesnuffel:
 
Honda se nuwe klein Brio gaan groot name skrikmaak
2012-12-06
Honda het Suid Afrika so pas binnegery met sy pragtige klein Brio. Volgens Honda SA wil hulle met die nuweling veral jong mense teiken. Hoewel sy gewilde klein Jazz reeds diep spore op Suid-Afrikaanse paaie gery het, is die prys van die Jazz normaalweg net buite bereik van eerstekeer kopers en veral studente.
 
ProAgri is die trotse borg van:
Nampo 2013All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2013
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
24
26
27
29
30
31
Gee jou mening
Nampo is om die draai, gaan u dit besoek?

Ja, ek mis dit nooit
Miskien, as ek tyd het
Nee, dis te ver vir my
Nee, dit baat my nie juis nie
Wat is Nampo?