Loading
Die nuwe Innova: goeie kandidaat as gesinsmotor
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-10-05 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Toyota het Woensdag die bekendstelling van die Innova aangekondig wat aan die behoeftes van meeste groot gesinne behoort te voldoen. Laat ons die Innova bietjie van naderby bekyk.
 
Die buitekant
 
Die Innova, wat ontwerp is om sy lengte van 4,58 m en hoogte van 1,75 m te verdoesel, spog met ‘n trapesiumvormige sierrooster, breë en groot kopligte. 
 
Sy breë skouerlyn vloei van die kopligte om die kante en koppel die voorligte met die groot en duidelike stertligte. 
 
Die Innova is met 205/65 R15-bande op staalvellings vir die agtsitplek-weergawe en met allooisierwiele vir die luukser sewesitplek-weergawe toegerus en is sewe kleure beskikbaar.
 
Die binnekant
 
Die tweekleurige voorpaneel het Optitron-instrumente, silwer detail en blou turkoois-agtergrondbeligting. Die Innova het hout-tipe invoegsels op die onderste deel van die middelkonsole en die venster-skakelaars op die deur. Ook op die stuurwiel van die meer luukse sewesitplek-model.
 
Die voertuig het tweekleurige doekstofbekleedsel vir die agtsitplek-weergawe en leerbekleedsel vir die sitplekke, stuurwiel en ratkierie vir die luukser sewe-sitplek-model.
 
Die sewesitplek-model het individuele “kaptein”-sitplekke in die middelste ry wat onafhanklik vorentoe en agtertoe kan skuif en kan kantel, terwyl die agtsitplek-model ’n banksitplek in die middelste ry het. Die middelste sitplekke kan platgevou en vorentoe gekantel word, terwyl die derde ry sitplekke op soortgelyke wyse as dié van die Fortuner na die kante toe weggevou kan word.
 
Weeldekenmerke as standaard-toerusting vir al die modelle sluit in ’n vertoonskerm vir inligting soos brandstofverbruik, buite-temperatuur en gemiddelde spoed, elektriese werking vir die vensters, afstand beheerde sluiting met ’n alarm en immobiliseerder en ingeboude kontroles op die stuurwiel vir die klankstelsel, Bluetooth en vertoonskerm.
 
Ander kenmerke sluit in ’n dubbele outomatiese lugversorgingstelsel met ’n filter vir skoon lug en ’n digitale vertoonskermpie wat lugvloei en verkose lugtemperatuur vertoon. Die lugversorgingstelsel het luguitlate vir elk van die drie rye insittendes.
 
Toyota Display-stelsel 
 
Die Innova sal Toyota se nuwe Toyota Display-klankstelsel hê wat sy buiging in die Hilux en Fortuner gemaak het en binnekort ook in ander modelle soos die Verso beskikbaar sal wees. 
 
Dié raakskerm van 15.5 cm is gekoppel aan ses luidsprekers en ’n voorlaai-CD-speler met MP3-versoenbaarheid, en kan deur die USB-, eksterne-, of iPod-verbinding aan eksterne klanktoestelle gekoppel word.  Die Bluetooth-stelsel kan die stelsel ook aan eksterne selfone verbind.
 
Die Toyota Display-klankstelsel het in die geval van die Innova-sewesitplekmodel ook ’n ingeboude truratkamera wat die omgewing reg agter die voertuig vertoon wanneer die voertuig in trurat is.
 
Veiligheid
 
Al twee die Innova-weergawes is met twee lugsakke en sitplekgordels vir al die insittendes toegerus.  Die Innova het daarbenewens met ’n romp, raam en stuurstang wat spesiaal ontwerp is om botsenergie te absorbeer. Die voertuig is ook met sluitwerende remme (ABS) toegerus.
 
Krag en hantering
 
Die Innova word deur Toyota se 2.7 VVT-i-viersilinder-petrolenjin aangedryf. Hierdie enjin gebruik dubbele bonokasasse, 16 kleppe en intelligente aanpasbare kleptydreëling (VVT-i), en lewer 118 kW teen 5 200 r/min en 241 Nm teen 3 800 r/min. Brandstofverbruik is op 11,2 liter/100 km in ’n gekombineerde siklus vasgestel, terwyl sy CO2-uitlate sowat 265 g/km is.
 
Die Innova is toegerus met onafhanklike dubbelmikvering met balanseerstawe voor en ’n vierskakel-agtervering wat vir stabiele hantering en goeie ritgehalte sorg. Die Innova het ’n indrukwekkende grondvryhoogte van 168 mm.
 
Waarde
 
Die agtsitplek-weergawe bied ’n baie bekostigbare toetrede tot dié reeks, en sal R249 700 kos, terwyl die sewesitplek-Innova se prys R265 500 sal wees.
 
Al twee die modelle word aangebied met diensplan van 5 jaar of 90 000 km, ’n 3 jaar / 100 000 km waarborg en dienstussenposes van 15 000 km.

Onderwerpe: Nuus | Toyota
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderJulie 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
Gee jou mening
Sal bestuurderlose motors in SA werk?

Nee, Dit sal gesteel word
Te veel slaggate
Te veel onvoorspelbare taxis
SA padnetwerk lê te wyd.
Ja