Loading
Handig
Monicol is in die kol met puik werktuie
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2009-10-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

ElkMonicol-is-in-die-kol-met-puik-werktuie/p>

Die are van al Monicol se mense is vol boerderybloed en dit is vir hulle ’n plesier om altyd vir die boer die bekostigbaarste, betroubaarste en lonendste meganisasie-oplossing te bied. Kyk net:

  • Wees baas op jou plaas met Claas se onverbeterlike trekkers, stropers, snyers en baalmasjiene, rotsvas ondersteun deur Barloworld.
  • Nog ’n nuttige Barloworld-produk wat Monicol jou bied, is die gedugte, maar bekostigbare, SEM-laaigraaf waarmee jy hope geld kan bespaar deur jou eie ontbossing en grondverskuiwing te doen en selfs jou eie damme te bou.
  • Monicol bemark ook ’n volledige reeks nuttige werktuie van die gewilde Radium Engineering.
  • En om jou wenoes winsgewend weg te ry, kan jy by Monicol ’n betroubare Ashok Leyland-vragmotor aanskaf – volledig met ’n toegewyde naverkoopdiens soos met al Monicol se produkte.

Monicol se verkoopskonsultant, André van Heerden, het nie net in die plaaslike landboubedryf ervaring nie, maar ook in Amerika, Engeland en Duitsland. Hy is immer gereed om die boer ’n bekostigbare meganisasie-oplossing te bied. Gesels gerus met hom.

Die wakker Maud Schoeman, dogter van Monicol se stigter, Nicol van der Walt, is in beheer van die onderdele-afdeling. Sy sorg dat daar altyd vir elke produk wat Monicol verkoop onderdele beskikbaar is sodat jou boerdery nooit hoef te staan en wag nie.

Johan du Rand is in beheer van Monicol se herstelwinkel en daar is niks wat hy nie kan regmaak nie.

Maak jou jaar ’n wenjaar. Praat met André van Heerden by 083-997-8130 of Nicol van der Walt by 012-252-0548 vir die beste produkte en diens.
 

Onderwerpe: Toerusting
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia