Loading
Handig
Jupidex bied die boer nou nog meer
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2010-07-12 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die spuit, wat die skoffel vervang, moet perfek beheer kan word om deurlopend presies die regte hoeveelheid op die regte plek toe te dien. Grant Orsmond van Teejets Technologies het boere tydens die konferensie verduidelik hoe oor- of ondertoediening R560 van die boer se geldjies per hektaar kan vermors.

Onkruidbestryding is ’n belangrike faset in bewaringsbewerking. Kobus Steenekamp van Monsanto is ’n onkruidkenner en hy wys daarop dat verminderde bewerking onkruid en onkruidbeheer op verskillende maniere beïnvloed.

Die onkruidspektrum, die tyd waarop onkruid ontkiem en mededinging tussen gewasse en onkruid verander. Daarom moet die regte soorte onkruiddoder gebruik word en die tyd en metode van toediening moet sekuur bepaal word.

Korrekte onkruidbestuur by bewaringsbewerking moet ook voorsiening maak vir weerstand teen onkruiddoders.

Monsanto bied die boer natuurlik ’n sinvolle reeks middels, gerugsteun met suiwer navorsing en toegewyde diens, wat hom toerus om doeltreffend terug te veg teen onkruid.

Monsanto se rol in bewaringsbewerking word nog verder aangevul deur sy biotegnologie wat onkruidbeheer en stronkboorderbeskerming vir die boer nog makliker maak.

Monsanto se Roundup Ready-biotegnologie bied die boer doeltreffende breëspektrum-onkruidbeheer, gewasveiligheid en toedieningsbuigsaamheid.

Stronkboorders sidder voor Monsanto se YieldGard-tegnologie en stel boere soos die Pretorius-broers van Ficksburg in staat om tot ’n miljoen rand meer wins in een seisoen te behaal.

Monsanto se stapelgeenmielie wat sowel Roundup Ready- as stronkboorder-bestand is, maak die boer nog sterker. Die aanwending van biotegnologie en Monsanto se onkruidbeheermiddels is breedvoerig verduidelik en konferensiegangers het ook nuttige verwysingsmateriaal gekry om saam te vat plaas toe.

Die konferensie het ook inligting inge-sluit oor grondbestuur, bemesting, grondbiologie, spuittegnologie, plantsiektebestuur, insektebestuur en onkruidweerstandbestuur.

Vir meer inligting oor bewaringsbewer-king en publikasies oor Monsanto se produkte en diens, praat met Magda du Toit by 011-790-8200 of magda.du.toit@monsanto.co.za of besoek www.monsanto.co.za.

Skoffel met die spuit

Roundup Turbo L7166, Wet 36/1947
Nie-selektiewe hoëlading glifosaatformulasie vir voorplantbespuiting en oorlêlande.

Roundup Ready Plus L7966, Wet 36/1947
Hoëlading glifosaatformulasie met vindingryke benattingstelsel vir na-opkomgebruik op mielie-, katoen- en sojaboonkultivars wat die Roundup Ready-geen bevat.

Bullet L5623, Wet 36/1947
Samestelling van residuele asetochloor, atrasien en terbitulasien vir vooropkomsbeheer van 14 eenjarige grasse en 28 breëblaaronkruide in mielies.

Guardian S L4862, Wet 36/1947
Asetochloor met lae logingsindeks vir agt van die mees algemene grasonkruide, 13 breëblaaronkruide, geeluintjies en in ‘n tenkmengsel met atrasien teen ‘n hoër aanbevole dosis vir 28 onkruidspesies.

 

Lasso L4728, Wet 36/1947
Kapsules met verskillende wanddiktes stel die aktiewe bestanddeel, alachloor, geleidelik vry vir onkruidbeheer in mielies, suikermielies, grondbone, sojabone, sonneblom, sorghum (graan- en voer-), pynappels, suikerriet, lupine en uitgeplante kool, broccoli, paprika en spruitkool.

Harness Extra EC L 7703, Wet 36/1947
Selektiewe, residuele asetochloor-onkruiddoder vir vooropkomsbeheer van gras- en sekere breëblaaronkruide in grondbone, suikerriet, eucalyptus- en denneplantasies en in nywerheidsgebiede; en vir vooropkomsonkruidbeheer in plant- en opslagsuikerriet, graansorghum, katoen en mielies na opkoms van die gewas.

Onderwerpe: Dienste | Toerusting

First | Previous Page 1 of 2 Next | Last

Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia