Loading
Handig
Amadwala Tractor & Plant:Boere is bly oor skitterdiens in Delmas
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2010-06-10 | 0 Kommentaar
Puik 
 2
 | Swak 
 0

Die eerste tree op die pad na die verwerkliking van dié strewe was na-tuurlik om ’n Valtrac-agentskap te bekom en daardeur te verseker dat die boer net die beste produkte kry.

Die Valtrac-reeks sluit nie net die gevorderde Valtra-staatmakertrekkers in nie, maar ook Valtrac se ander uitgesoekte produkte soos Tatu Cop Suprema-geenbewerkingplanters, Jeantil-misstrooiers en kuilvoerwaens, Tatu- en Gregoire-Besson-grondbewerkings-toerusting, Kemper- en Nogueira-kuil-voerkerwers en kunsmisstrooiers, Pöttinger-selfoptelkuilvoerwaens, Colombo-bone-en grondbone-uithalers- en -stropers en Montana-spuite.

Al hierdie produkte is met die hand uitgesoek en staan reeds hulle plek vol in Suid-Afrika se landboubedryf.
Talle tevrede boere rondom Delmas en omliggende dorpe boer reeds sterk vooruit met Valtrac-produkte en hulle is bly dat Amadwala Valtrac se legendariese diens nou tot op hulle drumpels bring.

’n Mens word nie sommer ’n Valtrac-agentskap nie, sê Wynn Dedwith, besturende direkteur van Valtrac. Valtrac het doodseker gemaak dat Ama-dwala diens en kundigheid van Valtrac-standaard aan die boer kan bied voordat die agentskap toegestaan is.

Om hierdie diens te verseker het Amadwala ’n volledige onderdelewinkel onder die bekwame bestuur van die ervare John Msini. Dit is Amadwala se beleid dat daar altyd onderdele beskikbaar moet wees vir alles wat hulle verkoop.
Amadwala is die agent vir Exide-batterye en het ook ’n volledige reeks slytimplemente soos skare en beiteltande in voorraad – teen die beste pryse.

Pieter van Niekerk is in beheer van die werkswinkel met sy drie ervare en goed opgeleide werktuigkundiges en drie vakleerlinge. Opleiding geskied deurlopend om seker te maak dat Amadwala se tegnici altyd perfek opgelei is om al die produkte wat verkoop word foutloos aan die werk te hou.

Amadwala verskaf ook Wieland se stewige tapkarre en wipbaksleepwaens en Foton-trekkers.

Daarbenewens verhuur Amadwala toerusting soos slootgrawers en laaigrawe en verskaf hys- en ander toerusting aan die mynboubedryf.

As jy graag wil hê jou voertuie moet jou eie eiendom bly, is Amadwala die plek om ’n Tracker-opsporingstelsel te laat installeer. Amadwala installeer ook alarmstelsels, radio’s en klankstelsels vir motors, en maak voertuie se lugreëlaars reg.

Carel Botha, Chris Castelyn en Pieter van Niekerk van Amadwala nooi boere van Delmas en omliggende dorpe om te kom kennis maak by Amadwala se netjiese gebou net buite Delmas op die Bronkhorstspruitpad. Die telefoonnommer is 013-665-4475/2003 en die e-posadres amadwala@live.co.za.

Praat sommer ook met Hennie du Toit van Valtrac by 082-880-3412 en besoek www.valtrac.co.za.

Onderwerpe: Dienste | Toerusting
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia