Loading
Handig
Geniet die sekerheid wat Standard Bank Versekering die boer bied
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2007-08-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

BoeGeniet-die-sekerheid-wat-Standard-Bank-Versekering-die-boer-bied/p>

Gelukkig tree Standard Bank Versekeringsmakelaars onomwonde vir die boer in die bres met vinding­ryke versekeringsprodukte wat spesiaal vir die boer se eiesoortige behoeftes ontwerp is en wat hom gemoedsrus gee.
Standard Bank Verseke­ringsmakelaars is aan die boer se kant en verstaan sy probleme.

Sean Fourie en sy wakker span kenners staan gereed om die boer toegewyde, simpatieke steun te bied met versekeringsprodukte soos:

Vee- en wildbeskerming teen droogte: Reëndex Veld

Standard Bank Versekering en ARS (Agri-risikospesialiste) het ’n unieke droogteversekeringspolis, genaamd ReëndexVeld, vir die vee- en wildboere saamgestel.

Reëndex Veld beskerm die vee- en wildboer in ekstensiewe veegebiede teen verliese as gevolg van ondernormale reënval. Die spesifieke omgewing se reënvalgeskiedenis en produksiewaarde word as grondslag gebruik om ’n regverdige bedeling aan boere te bied.

As dit te min gereën het om die normale, verwagte produksie te behaal, word die versekerde boer se vergoeding bepaal aan die hand van die produksiewaarde van die veld, sowel as die min reën die laaste 12 maande teenoor die normale reënval van die gebied.

Die boer kan besluit of hy dekking vir 50%, 60% of 70% van die jaarlikse gemiddelde reënval wil hê.

Wanneer die boer tydens tydperke van ondernormale reënval vir vergoeding kwalifiseer, word hy elke maand binne 15 tot 20 dae na die einde van die maand uitbetaal. Hy kan hierdie geld aanwend net soos hy wil. Daar word geen voorskrifte of beperkings gestel nie.

Die groot voordeel van Reëndex Veld is die buigsaamheid wat dit die veeboer bied.

  • ’n Maandelikse kontantbetaling tydens ’n droogte kan die siklus breek waar almal noodgedwonge vee moet verkoop en die mark oorlaai word sodat swak pryse behaal word. ’n Droogte het dikwels ’n lang aanloop wat veroorsaak dat vee wat bemark moet word nie in ’n kondisie is om top bemar­kingsgehalte (gradering) te verseker nie. Vee wat bemark moet word, loop dus langer op die veld en gebruik die goeie weiding wat vir aanteelvee bestem was. Die uitbetalings wat die boer in staat stel om op strategiese tye voer te koop, kan dus help om bemarkbare vee vinniger markklaar te kry en goeie graderings en pryse te behaal. Beter kuddebestuur is dus moontlik.
  •  In ’n strawwe droogte kan die boer voer koop om minstens sy kudde te behou sodat aanteelvee nie later weer ten duurste aangekoop hoef te word nie.
  • ’n Kontantinspuiting tydens ’n droogte kan ook help om die ekonomie van die platteland te verbeter. Tydens droogtes is dit nie net die boer wat swaarkry nie; dit is ook byna elke sektor van die plattelandse ekonomie.
  • Die uitbetalings wat Reëndex Veld maandeliks tydens droogtes doen, verseker ’n gunstige kontantvloei, wat veral in tye van swaarkry vir die boer die deurslag kan gee.
  • Een van Reëndex Veld se grootste voordele is dat premies van belas­ting afgetrek mag word. Alhoewel vergoeding in droogtetye wel belasbaar is, is inkomstes in hierdie tye laer, met gevolglike laer belastingkoerse. Maar sou die boer die vergoe­ding gebruik om voer aan te koop, kanselleer dit die belasbare inkomste.
  • Reëndex Veld kan as ’n noodplan beskou word. Sou die boer besluit om self ’n noodfonds op te bou, kan dit oor die langtermyn miskien vir hom ’n voordeel inhou mits hy nie die fonds in die eerste paar jaar gebruik nie. Maar droogte is so algemeen dat die kanse goed is om die fonds uit te put voordat ’n reserwe opgebou is wat groot genoeg is om werklik ’n voordeel te hê. ’n Droogte strek dikwels nie net oor een seisoen nie; dit kan verskeie seisoene voortduur. ’n Eie fonds moet baie sterk wees om hiervoor voorsiening te maak. Met Reëndex Veld is die boer verseker dat die fonds nie uitgeput is voordat die droogte verby is nie.
  • Geld wat vir so ’n eie fonds bewillig word, kan waarskynlik beter aangewend word as om dit teen ’n lae rente-inkomste in reserwe te hou vir ’n moontlike droogte.
  • Reëndex Veld kan die volhoubaarheid van veeboerdery oor die lang termyn verseker.
  • Vir wildboere wat van toeriste en jagters afhanklik is, is dit noodsaaklik dat wild altyd in ’n baie goeie kondisie moet wees. Inkomste om in droogtetye voer aan te koop kan dus ’n groot bydrae lewer om stabiliteit in die wildbedryf te verseker.

Brandversekering van weiveld

Jare se harde werk kan in roet en rook vergaan as die veeboer se weiveld afbrand.

Weiding is die hulpbron wat ekstensiewe veeboerdery moontlik maak en om na ’n onbeplande brand te herstel kan vir die boer baie, baie moeilik wees.

Gelukkig stel Standard Bank se unieke Brand op Weiveld-versekering die boer in staat om, reg nadat ’n brand sy weiding vernietig het, geld te hê om lank genoeg voer vir sy vee te koop om die veld kans te gee om te herstel.

Die boer kan na gelang van sy behoefte en tipe veld kies of hy 3, 6, 9 of 12 maande nodig het om die weiding te laat herstel.

Oesversekering

Standard Bank Versekering is al baie jare by landbou betrokke en verstaan die risiko’s waaraan die boer blootgestel is. Hierdie begrip stel Standard Bank Verseke­ring in staat om die boer sinvolle oesversekering te bied ten opsigte van mielies, koring, sorghum, sojabone, sonneblom, aartappels, vrugte en tabak.
Hierdie produkte word verseker teen hael, wind, brand, skade terwyl dit vervoer word en skade wat deur onluste veroorsaak word.

Bekostigbare begrafnisplan

Teen ’n skamele R52 per maand bied Standard Bank Versekering ’n doeltreffende, maklik-om-te-gebruik begrafnisplan. Hierdie premie geld vir die versekerde en sy onmiddellike gesin.

Nog vier ouers of skoonouers en twee ander afhanklikes kan bygevoeg word teen net R28 per persoon. Geen mediese ondersoeke is nodig nie.

As al die dokumentasie ingedien word en die eis word goedgekeur, word dit binne 48 uur uitbetaal.

Vir meer inligting, skakel die Begrafnisplanhulplyn by 0860-121-151.

Ander versekering

Dit staan die boer natuurlik ook vry om enige ander versekering uit Stan­dard Bank Versekering se omvattende reeks te gebruik. Daar is haas nie ’n omstandigheid waarvoor Standard Bank Versekering nie ’n diens bied nie.

Finansiering van verseke­ringspremies

Risikobeheer in die vorm van versekering is vir die boer so noodsaaklik soos saad of enige ander produksiemiddel. Maar net soos die boer  finansiering nodig het vir produksiemiddele, het hy ook finansie­ring vir versekering nodig. En daardie finansiering kry jy deur Standard Bank Versekeringsmakelaars by Standard Bank Voertuig-enBatefinansiering.

’n Boer se kontantvloeiposisie laat hom dikwels nie toe om versekerings­premies ’n jaar vooruit te betaal soos versekeraars gereeld vereis nie. Stan­dard Bank Versekeringsmakelaars se versekerings­premiefinansiering laat die boer wel toe om sy jaarlikse versekeringspremie te fi­nan­­sier en maandeliks af te betaal.

Die minimale rente wat die boer op die finansiering betaal, is veel minder as die vermeerderde wins wat hy kan behaal as hy daardie een jaarlikse vooruitbetaling sou gebruik om eerder meer kunsmis, meer  voer of meer  vee aan te koop.

Boonop kan Standard Bank Versekeringsmakelaars ’n ooreenkoms opstel wat jou besondere behoefte presies pas.

So, kom beleef dit self: Stan­dard Bank Versekering is al die pad aan die boer se kant. Kom gesels by jou naaste Standard Bank-tak oor gemoedsrus vir die boer soos net Standard Bank Versekering kan bied.

Vir meer besonder­hede, bel vir Sean Fourie by 0860-123-999 of e-pos sean.fourie@standardbank.co.za

Onderwerpe: Dienste
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia