PV Sonpanele: Die son kan koud maak!
’n Sonenergie-aanleg skakel die son se energie regstreeks om in elektriese energie solank die son skyn. Vir sonlose tye kan teruggeval word op Eskom of op ’n batterypak wat bystand kan verleen. Die grootste vraag na elektrisiteit is immers gedurende die dag.
Hoenderboere gebruik baie elektriese energie om die hokke met waaiers koel te hou. Indien sonenergie ingespan word om die waaiers te draai, kan die besparings baie groot wees. Verdere moontlike aanwendings van “eie” energie is spilpuntstelsels, hamermeulens, melkerye en drogingstelsels.
Dit is moontlik om die aanleg deur ’n bank te finansier en dit maandeliks
terug te betaal. So ’n aanleg se koste kan ook teen belasting afgeskryf word, wat die belegging baie sinvol maak.
Sonwaterverwarmers: Die son kan warm maak!
Sonwaterverwarmers is dikwels ’n sinvolle eerste stap na krag- en geldbesparing. Daar is ’n paar verskillende opsies beskikbaar en Solarvent se kundiges kan jou help om die beste keuse vir jou omstandighede te maak.
Laedrukeenhede vereis watertoevoer vanuit ’n waterbron wat hoer as die eenheid is ter wille van waterdruk (tipies soos ’n plaastenk), terwyl hoëdruk-eenhede gewoonweg aan ’n drukpompstelsel of munisipale toevoer gekoppel word.
Solarvent verkoop nie net sonwaterverwarmers nie, ons maak dit. Dit beteken onderdele en diens is altyd beskikbaar. Die buise het ’n lewensverwagting van 15 jaar en kan haelkorrels van tot 40 mm in deursnit hanteer. Agt buise produseer tot 1 kW hitte. Al ons produkte is goedgekeur en het ’n twee-jaar waarborg.
Neem die eerste tree na ’n energieoplossing. Skakel Solarvent by 012-345-1109 of stuur ’n e-pos na vcv@ventura.co.za





