Loading
Handig
Slim rooster ontsluit proteïeneskatkis in soja­
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2008-05-01 | 1 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Volgens mnr Fritz Teseling, ’n landbou-in­genieur van Bloemfontein wat die soja­rooster saam met Eskom ontwerp en ont­wikkel het, het ’n stan­daard-sojaboonrooster onder meer die volgende voordele:

  • Dit handhaaf ’n produksie van 70 kg per uur. Model­le met ’n vermoë van
  • 250 kg en 500 kg per uur is ook beskikbaar.
  • Die energieverbruik beloop 1 kWh per 9,2 kg van die produk teen ’n temperatuur van 150 °C.
  • Dit is beskikbaar vir enkel- of driefase-elektrisiteitsvoorsiening.
  • 'n Inkubasie- en afkoelingsfase van die produk is ’n standaard-eienskap.
  • Lae slytasie en instandhouding.
  • Die temperatuur kan beheer word.
  • Die roosterproses is baie eweredig.
  • Dit benodig min toesig.
  • Dit is maklik verskuifbaar.
  • Dit lewer aaneenlopende produksie.
  • Dit is bekostigbaar, omgewingsvriendelik en ideaal vir plaasgebruik.

’n Opgewonde gebrui­ker van die veeldoelige sojaboonrooster wat mnr Fritz Teseling, ’n landbou-ingenieur van Bloem­fontein, saam met Eskom ontwerp en ontwikkel het, is dr GF (Deon) de Beer van AnimalZone by Klapmuts, naby die Paarl.

Die rooster is ’n voortreflike en besonder doeltreffende toestel, sê dr De Beer. Dit stel hulle in staat om ’n omvattende reeks spesialis-voëlkos­produkte met besonderse eienskappe te vervaardig, wat daarsonder moeilik sou gewees het.

Dr De Beer, ’n veearts wat in voëls (spesifiek papegaaie) spesialiseer, bedryf ’n fabriek vir die vervaardiging van ’n wye verskeidenheid gebalanseerde voëlkos wat as meel of in pil- en gerolde vorm bemark word.

Hierdie spesialisprodukte is mengsels wat alle voedingstowwe in die regte verhou­ding bevat. Selfs gedroogte vrugte en groente word by van die kos ingesluit.

Hoewel bemarking tans grootliks tot die Wes-Kaap beperk is, plaas voëlboere landwyd regstreeks bestellings by die fabriek, wat daagliks sowat 3,4 ton kos kan lewer. Om in die vraag te voorsien, word verdere uitbreiding tans beoog.

“Die vooraf rooster van onder meer mielies, sojabone, erte en grondbone wat by kosmengsels ingesluit word, vorm ’n belangrike deel van die vervaardigings­proses,” sê dr De Beer.

“Hoewel die beginsel nog nuut is, is dit besonder doeltreffend. Die roosterproses verhoog die verteerbaarheid van graan aansienlik. Waar ’n normale rou mieliepit se verteerbaarheid 50 tot 60% is, is dié van ’n geroosterde of gaar pit 75 tot 90%.”

Ook rou sojabone, wat ’n nadelige tripsienonderdrukker bevat, is ná behandeling volkome veilig vir insluiting by kosmengsels omdat die roosterproses hierdie ensiem vernietig.

’n Verdere voordeel van die roosterproses is dat dit die kos­mengsels smaakliker maak.

Tydens die roosterproses word die rou produk aan­eenlopend oor ’n draaiende dromsif gevoer. Elektriese ele­mente verhit lug tot ongeveer 150 oC en ’n waaier blaas dit deur die produk.

Om die warm lug optimaal te benut en terselfdertyd die verhittingskoste laag te hou, word die lug in ’n geslote baan hersirkuleer. Die temperatuur kan maklik verstel word.

Wat elektrisiteitsverbruik betref, is die proses baie bekostigbaar vergeleke met die waardetoevoeging wat ’n mens behaal. Om 7 kg tot 10 kg van die produk te rooster, is 1 kWh nodig. In die dromsif word die graan 15 minute lank aan hitte blootgestel, waarna dit nog 30 minute lank toegelaat word om met opgeboude hitte deurgaar te word.

Vir die werking van die roostereenheid wat dr De Beer gebruik (dit kan 250 kg rou materiaal per uur rooster), word elektrisiteitstoevoer van 40 kVA benodig. Vir van die kosmengsels wat vervaardig word, word die produk ook platgerol nadat dit gebak is. Voëls vreet dit dan makliker, sê hy.

“Omdat die roostereenheid volle produksie lewer binne minute nadat dit in werking gestel is, is dit moontlik om bedrywighede in die spitsverbruikstye van elektrisiteit te staak. Dit kan ná die toepassing van beurtkrag met die minimum wagtyd weer in bedryf gestel word,” sê mnr Neels Bezuidenhout, ’n landbou-ingenieur van Eskom in Bloemfontein.

Boere en ander kleinsake-ondernemings in die landbou kan daarop staatmaak dat Eskom se raadgewers oor energieverbruik in die landbou hulle met net die beste raad oor moderne tegnologie en die praktiese en doeltreffende gebruik van elektrisiteit sal bystaan.

Meer inligting oor hierdie diens is op Eskom se web­werf (www.eskom.co.za) beskikbaar.

Navrae: 086-00ESKOM of 086-003-7566 (deelkoste-oproep)


 

Onderwerpe: Toerusting

First | Previous Page 2 of 2 Next | Last

Lesers kommentaar
Posted by: pine-pienaar_843
2012-01-14 @ 0:37:23
 kan jy dalk raad gee? Ons sojas het baie swaar gekry die seisoen en die stand is ook nie te waffers nie. Sal dit moontlik wees om die sojas te baal voor die pitte oopgaan en aan skape en beeste te voer?
Dankie
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia