in

VelaRose Boeredag – groot suksesverhaal

25 Mei 2017 was ‘n mylpaal vir die VelaRose Boerdery in Vredefort. Dit was die eerste suksesvolle boeredag wat hulle aangebied het. Die hoof van die boerdery, Velaphi Ratshefola, is ‘n Simmentaler-teler en ook besturende direkteur van Coca-Cola Suid-Afrika.

Volgens ‘n verklaring deur VelaRose Boerdery is hy die eerste swart boer in Suid-Afrika om ‘n boeredag te hou en sal hy ook die eerste swart boer wees om ‘n produksieveiling te hou. Die veiling vind in Augustus plaas.

Die boeredag is deur meer as 100 boere en belanghebbendes bygewoon. Boere vanaf die Vrystaat, Noordwes, Oos-Kaap en Gauteng het die dag bygewoon. Alhoewel die dag hoofsaaklik gemik was op klein opkomende boere om by spesialiste tegniese kennis te leer, was daar ook groot stoet- en kommersiële boere. Swart en wit boere het met mekaar idees uitgeruil oor die landboubedryf.

Die sprekers het ingesluit professionele beesmedisyne-verskaffers, ‘n veearts, landbou-ekonoom, ‘n ervare Simmentalerboer en ‘n verteenwoordiger van die Nasionale Landelike Ontwikkeling en Grondhervormingsdepartement.

Bron: VelaRose

VelaRose farmers day

VelaRose

VelaRose

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Winburg-boeredag lok Argentynse boere

Geen waterbeperkings meer by die Oranjerivier nie