Loading
Handig
John Deere se 8R trekkerreeks: Bultrekker maak landbou lekker
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2010-04-01 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Landbou is lekker vir die boer met die regte trekker. En daardie regte trekker is John Deere se 8R-reeks kragbulle, wat vir niks stuit nie.

Die reeks is beskikbaar in vyf wieltrekkers en drie rusperbandmodelle. Hulle kraglewering wissel van 180 tot 254 kW, maar met John Deere se IPM (Intelligent Power Management of intelligente kragbestuur), skop die kleinste model tot 208,7 kW uit en die grootste een tot 283,7 kW.

Hierdie oorvloed van brute krag stroom uit John Deere se gevorderde Power-tech Plus-enjin met sy inhoudsmaat van 9 liter.

Hierdie enjin met sy vier kleppe per silinder, wisselformaat turbo-aanjaer (variable geometry turbo-charger of VGT) en hoëdruk drukbuisbrandstofispuit-stelsel verseker blitsige kraglewering wanneer jy dit ook al nodig het en beter laespoed-wringkrag.

Terselfdertyd sorg uitlaatgashersirkulasie vir skoner uitlaatgas en beter brandstofbenutting.

Koppel nou hierdie kragtige enjin aan die 8R-reeks se AutoPowr-ratkas en jy is op die heel voorste voorpunt van nuttige tegnologie. Maak jou sleepwerk op die pad flink klaar teen 50 kmu en met ’n dieselsuinige 1 700 enjin-omwentelinge per minuut. En as jy nog minder diesel wil gebruik, ry jy 40 kmu teen net 1 200 opm.

Maar die AutoPowr ratkas verseker ook groter trekkrag teen laer snelhede en stel jou in staat om meer hektaar per uur te bewerk. En dis so maklik – al wat jy hoef te doen, is om die verstelling te kies wat jou die beste brandstof-doeltreffenheid vir elke taak bied:

  1. vir kragaftakker- en hidrouliese aanwendings
  2. vir swaar sleepwerk
  3. vir vervoer en ligte sleepwerk

AutoPowr is die standaardratkas van die 8345R en 8345RT (die rusperbandweergawe) en opsioneel beskikbaar vir die ander 8R-modelle.

Slim en bruikbare ratkastegnologie maak dit maklik om met die 8R-reeks te werk. Die John Deere Automatic PowerShift-ratkas met sy 16 vorentoe- en 5 truratte maak trekkerbestuur pure plesier. Hy skakel vanself oor na laer of hoër versnellings soos toestande dit vereis, en selfs wanneer jy jou draai op die wenakker maak, skakel hy terug om die enjinomwentelinge laer te hou.

Maar daar hou die 8R-reeks se boertroeteling nie op nie. In dié reeks kombineer John Deere  AutoTrac en iTec om iTecPro te skep.

AutoTrac is die trekker se vermoë om met satelliettegnologie self koers te hou. iTec staan vir intelligent total equipment control.

Dit alles beteken minder operateursuitputting, ’n deurlopend hoër werkstandaard en beter werkverrigting deur een van drie keuses:

Verminder duur oorvleueling met tot 90% met AutoTrac se loshande koershouvermoë.

Laat iTec se intelligente toerustingbeheer al jou wenakkertake oorneem, soos om ’n werktuig op te lig, te laat sak en om die kragaftakker te ontkoppel of te koppel. Jy programmeer dit maklik sommer self met die CommandCentre.

Met die diens van AutoTrac en iTec saamgevat in iTecPro, skakel jy oorvleueling tot die minimum uit, verminder insetkoste en werk vinniger. GreenStar 2600 se vertoonskerm hou jou op die hoogte van alle ItecPro-funksies.

Met John Deere se FieldDoc-stelsel kan jy presisieboerdery vervolmaak; met JDLink telematics bestuur jy jou trekkervloot perfek; en met die iGuide-stelsel kan jy op skuinstes werk sonder dat ’n swaar werktuig die trekker van koers af dwing.

Die 8R-reeks se hidrouliese stelsel is ’n toonbeeld van diensbare krag met sy 63 cm3-pomp wat lag-lag 166,5 liter per minuut lewer. Maar as jy regtig die wêreld wil versit, kan jy ook ’n pomp van 85 cm3 met ’n lewering van 227 ℓ/m teen tot 200 bar kry, om selfs teen lae enjinomwentelinge ratse hidrouliese reaksie te geniet.

Saam met hierdie hidrouliese stelsel lig die 8R-reeks se driepunt-hyser 11,7 ton (die 8320RT en 8325RT 12,7 ton). Jy kan ook ’n driepunt-hyser van 5 200 kg voor aan die trekker monteer om nog meer take baas te raak.

Wat kragaftakkers betref, kan jy kies watter dikte as en aantal groewe jy wil hê. Die kragaftakker word maklik
beheer met knoppies op die gerieflike CommandArm-konsole, waarvandaan jy trouens al die trekker se aksies met jou vingerpunte beheer.

So lekker is dit om met die 8R-reeks te werk dat jy graag sommer deur die nag wil voortgaan. Daarvoor het die trekker genoeg ligte sodat jy in die duisterste nag helder daglig reg rondom jou geniet.

Trap vas met rusperbande

John Deere se 8RT is ’n rusperbandtrekker in sy eie klas vir werk in sand- of vleierige lande. Sy werkverrigting, kajuit, veerstelsel, hidroulika, balans, vastrap, sleepvermoë en bandspanning is alles verbeter om jou die beste werkverrigting vir die minste operateursvermoeiing te bied.

Vir meer inligting oor John Deere se kragtige oplossings vir jou tegnologiebehoeftes en om te hoor waar jou naaste handelaar is, skakel 011-437-2600 of of e-pos theroncarel@johndeere.com.

Onderwerpe: John Deere | Toerusting | Trekkers
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia