Die boer wat wen is die een wat die beste uit al sy hulpmiddels haal. Met die hemelhoë kunsmispryse moet die boer deesdae doodseker maak dat elke korrel kunsmis vir hom werk, anders is groot verliese sy voorland.
Daarom kies die wyse boer die toerusting wat kunsmis die akkuraatste, egaligste en doeltreffendste toedien.
Dit is ook noodsaaklik dat die toerusting maklik moet wees om mee te werk en betroubaar om jare te hou, want die boer het nie vandag geld om elke nou en dan nuwe werktuie te koop nie.
Dis hier waar Kverneland vir die boer na vore tree met ’n reeks kunsmisstrooiers vir elke toepassing. Kverneland is welbekend vir sy diens aan die boer met net die beste landbouwerktuie, en sy Vicon-kunsmisstrooiers hou hierdie trotse naam hoog.
Sommige gewone kunsmisstrooiers maal die kunsmiskorrels fyn sodat jou duur bemesting op die wieke van die wind weggewaai word.
Dit gebeur nie as jy een van Kverneland se hoëgehalte, duursame strooiers gebruik nie. Kverneland se strooiers verseker dat jy jou kunsmis egalig en akkuraat versprei sodat dit vir jou kan werk.

Kyk net wat jy kan kies:
Vicon Superflow-slurpstrooier
As jou behoefte maksimum strooigehalte en maklike gebruik is, dan is Kverneland se Vicon Superflow-slurpstrooier jou antwoord.
Die strooitempo word maklik verstel om jou behoefte presies te pas. Kyk net na die toedieningstabel en stel die strooier daarvolgens.
Die slurpstrooier se strooipatroon verseker ’n meer egalige toediening as sommige skyfstrooiers wat vandag in die mark beskikbaar is.
Die Vicon stel ook nuwe standaarde vir betroubaarheid. Met sy ingeboude glykoppelaar, sy ten volle smeerbare laers en ruimskootse gebruik van vlekvry staal, poliëster en nylon, werk die Vicon jare en jare sonder wegvreting of teëspoed.

Eienskappe wat die boer beïndruk is:
- ’n Voerbak met steil kante om deurgaans ’n egalige vloei van kunsmis te verseker.
- "Duracoat” poeierbedekking om uitsonderlike korrosiebestandheid te verseker.
Meer as ’n miljoen Vicon Superflow-slurpstrooiers is al wêreldwyd verkoop, wat bewys dat dit boere regoor die wêreld se eerste en enigste keuse is.
Vicon Dubbelskyf Rotaflow-strooier
Kverneland se Vicon Dubbelskyf Rotaflow-kunsmisstrooier is veel, veel meer as ’n blote konka met ’n draaiende skyf onderaan, soos sommige ander strooiers.
Kyk net na die eienskappe wat hierdie strooier ’n toonbeeld van ingenieursvernuf maak:





