Loading
Handig
GC Tillage se Grazmec CS 3000 saadsorteerder: Maak self jou saad skoon vir ’n wenopbrengs
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2010-09-30 | 0 Kommentaar
Puik 
 11
 | Swak 
 2

Skoon, suiwer saad is ’n voorvereiste vir ’n lonende oes en hierdie elektries-aangedrewe Grazmec CS 3000-saadskoonmaker en -sorteerder is net die masjien om sulke skoon saad te verseker. Maré Potgieter van GC Tillage wat die masjien verskaf en die boer, Morné Combrink, is ewe trots op die CS 3000 se doeltreffendheid. In die agtergrond is 60 ton skoon sojasaad, gereed vir die plantseisoen.

Skoon saad is ’n voorvereiste vir ’n suksesvolle oes. Dit weet elke boer, maar om daardie saad skoon en sekuur gesorteer te kry, kan nogal ’n probleem wees.

’n Mens kan jou saad instuur om gesuiwer en gesorteer te word, vertel Morné Combrink, soja-, mielie- en sorghumboer van die plaas, Ruigtekuilen, op die Hoëveld, maar dan is jy nooit seker dat dit jou eie saad is wat jy terugkry nie en dikwels is dit ook nie so heeltemal skoon nie, sodat jy haasbekrye plant.

Dis hoekom Morné  sy eie Grazmec CS 3000-saadsorteerder by GC Tillage gekoop het.

Hierdie vernuftige masjien haal eers al die stof met ’n sikloon uit en blaas dit vir jou in ’n sak. Daarna haal dit alle doppe, gesplete sade, onkruid soos morning glory en groter vuilgoed soos stingels uit en sorteer dan die skoon saad in twee pitgroottes.

Dis maklik om met hom te werk, hy loop stil, maak geen stof nie en kan enige saad, soos soja, mielies, tef, nierbone, koring en sonneblom hanteer. En hy werk vinnig: Morné het in twee weke 60 ton sojasaad perfek skoongemaak en gesorteer. Sowat 10 ton afval is van die saad geskei.

Die resultaat, sê Morné, is dat die boer met vertroue kan plant en kan weet dat hy die regte plantestand van skoon, suiwer saad gaan behaal. Morné het al heelwat ander werktuie by GC Tillage gekoop en hy is ingenome met die produkte, maar ook met GC Tillage se flink diens aan die boer.
 

Onderwerpe: Toerusting
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia