Die gelukkige, vertroetelde koringkorrel wat tot ’n geil plant met ryp, vol are ontwikkel, is die korrel wat met BP Implemente se Agritech-bandplaaskoringplanter geplant word.
BP Implemente is regoor die land bekend vir sy groot reeks doeltreffende werktuie teen redelike pryse, en die Agritech-planter is geen uitsondering nie. Daarvan getuig talle tevrede boere, waarvan Dawid Viljoen van Adato Boerdery naby Bothaville een is.
Dawid plant koring as deel van ’n wisselboustelsel met mielies. Sy mielies wat na koring geplant word presteer baie beter, maar nogtans wil ’n man darem uit jou koring ook ’n goeie geldjie maak.

Dit bereik hy deur dinge reg te doen en die eerste regte stap in koringproduksie is om die beste planter te gebruik.
Kom kyk, nooi Dawid: jy kan sommer sien die Agritech is stewig en duursaam. Kyk hoe sterk is sy hoofraam en hoe dik is die staal waarvan hy gemaak is.
Die Agritech-planter se vermoë om kunsmis akkuraat met ’n kunsmispen 80 mm dieper as die saad in die middel van die saadry te bandplaas – sonder die geringste gevaar van kunsmisbrand – is die sleutel tot ’n suksesvolle oes.
Dit bevorder wortelontwikkeling, halmontwikkeling en stoelvermoë om ’n hoër, gesonder opbrengs te verseker.
Boonop plaas dié planter die koringsaad in twee rytjies, 80 mm uitmekaar, binne-in die ry. Dit verminder mededinging of verdringing in die ry, gee elke plantjie meer plek om te stoel en verminder ook waaiskade in die Vrystaatse Sandveld se sandlande, sê Dawid.
’n Verdere voordeel is dat die Agritech-planter se uitmeters presies akkuraat werk vir sowel kunsmis as saad, sodat jy presies die hoeveelheid wat jy wil kan toedien of plant.
Die uitmeters verstel ook maklik om enigiets van 2 tot 40 kilogram per hektaar toe te dien en is ook geskik vir die plant van fyner saad soos lusern en verskeie grassoorte.
Jy kan jou Agritech-planter verstel om jou koring op enige diepte tussen 20 en 75 mm te plant, en elke planteenheid is aan sy eie parallelskakel gemonteer om deurgaans ’n eenvormige plantdiepte te verseker. Dit word woerts-warts met ’n hefboom op die vastrapwiel gedoen.
Jy kan ook die veer op die parallelskakel verstel om die drukking op die planteenhede by verskillende grondtipes aan te pas.
Maar BP Implemente laat geen boer in ’n blik druk nie. Jy kan jou Agritech-planter bestel presies soos jy hom wil hê, soos Dawid s’n wat 12 rye 6,9 meter wyd plant en waarmee hy lag-lag 50 hektaar op ’n dag kafdraf. Hy dink op die oomblik sterk daaraan om nog een van ’n meter wyer te bestel.
Daar is ’n groot aanvraag na BP Implemente se gewilde werktuie, daarom is dit altyd beter om betyds te bestel.
Bel BP Implemente by 056-515-1066/7 of e-pos bevbekker@bpimplemente.co.zaom te hoor waar jou naaste handelaar is, en besoek ook sommer www.bpimplemente.co.zaom te sien watter ander skitterwerktuie BP Implemente die boer bied.
Onderwerpe: Toerusting




