Uitmuntende landbouwerktuie en uitstekende diens is wat Suid-Afrika se boere van Kverneland SA gewoond geraak het. Goeie nuus is dat hierdie produkreeks en diens nou nog verder uitgebrei en verbeter word om Suid-Afrika se boere nog beter te dien.
Sedert sy stigting in 1999 het Kverneland SA seker die wydste en wakkerste handelaarsnetwerk in Suid-Afrika gevestig en ’n markleier op sy gebied geword. Geen toegewings word ten opsigte van gehalte gemaak nie en dit, saam met die deurlopende beskikbaarheid van onderdele en kundigheid, het tot groot gewildheid by boere en aanskoulike groei gelei.
Goeie nuus is dat hierdie diens nou nog nader aan ons land se boere kom en dat die produkreeks uitgebrei word om die boer nog meer skitteroplossings te bied.

Die voormalige verkopemaatskappy van die Kvernelandgroep het nou, onder die naam, Jupidex, ’n eg Suid-Afrikaanse maatskappy as deel van die Pannar-groep geword.
Jupidex se direkteure is Brian Corbishley, voorsitter van die Pannar-groep; Lood van der Vyver, produksiedirekteur van Pannar; Koot van der Merwe, besturende direkteur van Jupidex; Michael Yeadon, kommersiële en regsdirekteur van die Pannar-groep; Harry Drury, finansiële direkteur van die Pannar-groep; en Duane Corbishley, verpakkingsdirekteur van die Pannar-groep.
Jupidex behou al sy bestaande verteenwoordigers en sy meer as tagtig uitgesoekte handelaars en bemark steeds die gewilde Kverneland-, Taarup- en Vicon-produkte in Afrika.
Met die toetrede van Pannar as sterk, gevestigde en gerespekteerde plaaslike lanboumaatskappy met ’n internasionale voetspoor, maar ’n boergerigte benadering, word dit vir Jupidex moontlik om sy dienste aan die boer uit te brei en nog verder te verfyn.
Jupidex se huidige produkreeks bestaan uit grondbewerkingstoerusting, snyers, snyerkneusers, kerwers, voermengers, kunsmisstrooiers, rollers, harke en voersnyers.

Daar word beplan om die volgende produkte by die reeks te voeg:
Aartappeltoerusting, driepunt-, sleep- en wingerd-/boordspuite, medium- en swaardiens bossiekappers, swaar grondbewerkingstoerusting (250 kW+), sleepstrooiers vir kunsmis en kalk, semigemonteerde sleepploeë, balers en baaltoedraaiers, fynsaadplanters, groenteplanters, presisieplanters, geenbewerkingplanters, dubbelryvoersnyers, druiweplukkers en slytonderdele.
Die beginsel bly steeds om net produkte van die beste gehalte aan die boer te bied en ’n volle rugsteundiens te lewer vir elke produk wat verkoop word.
Plaaslike vervaardigers se produkte sal ook oorweeg word en deel van Jupidex se toekomsplanne is om uiteindelik belangrike komponente in Suid-Afrika te vervaardig vir die plaaslike en uitvoermark. Die swak gehalte van plaaslike staal is egter ’n probleem wat oorkom sal moet word.
Jupidex verkoop immers nie produkte nie, maar oplossings vir die boer om hom in staat te stel om sy boerdery so gladweg, doeltreffend en ekonomies as moontlik te bedryf, sê Koot van der Merwe, besturende direkteur van Jupidex.
“Die boer weet wat vir hom die beste is en daarom luister ons altyd graag na die boer wanneer ons op produkte besluit. Ons loop die pad saam met die boer. Ons wil volhoubaar wees en ’n rol in boerdery in Suid-Afrika en Afrika speel.”
Mnr Van der Merwe gee toe dat daar tans minder landboutoerusting in Suid-Afrika verkoop word, maar Jupidex het reeds bewys dat daar altyd ’n mark sal wees vir produkte van die beste gehalte.
Kverneland-, Taarup- en Vicon-produkte is die beste in die wêreld en
Onderwerpe: Toerusting| Posted by: Izak-Myburgh_397 | |
| 2011-10-13 @ 9:35:04 | |
| Jupidex, verseker beste kwaliteit teen regte prys. |





