Loading
Handig
Oortap suig sonder Super Siphon
Deur Coenraad Rall | Datum: 2011-05-24 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Diesel of petrol oortap met ‘n stuk pyp is ‘n takie wat op meeste plase van tyd tot tyd verrig moet word. Dis maklik. Druk die een punt in die tenk of kan en suig aan die ander punt. ‘n Vakuum trek die brandstof in die pyp op en soos dit oor die pyp se buig kom vloei dit vanself. Dis dan wanneer mens egter moet wakker wees om die pyp betyds uit jou mond te haal en in die houer wat jy wil volmaak se bek te druk . Want diesel smaak nie soos rooiwyn nie!
 
Securetech het ‘n beter plan vir oortapwerk. Met die Super Siphon kan jy die vakuum meganies met jou hand skep om sodoende ‘n egalige vloei van brandstof te verseker. Die pomp-meganisme bestaan uit ‘n koper omhulsel met ‘n staalveer en ‘n glasballetjie binne-in en is vonkvas sodat dit nie die laaste ding is wat jy in jou lewe doen nie. Die pyp van die Super Siphon is deursigtig en mens kan dus deurentyd sien wat aangaan. Boonop is dit ‘n spesiale deursigtige pyp aangesien dit UV-gestabiliseer en oplosmiddel-weerstandig is. 
 
Mens kan as’t ware enige vloeistof met die Super Siphon van een houer na ‘n ander oortap. Maar dis ideaal vir water, parafien, petrol, diesel, tweeslagmengsels en selfs vliegtuigbrandstof geskik.
 
Die eenhede is beskikbaar in lengtes van 1,5 meter tot 3 meter. Langer eenhede kan vervaardig word, sou die behoefte daarvoor bestaan.

Onderwerpe: Nuus | Toerusting
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia