DuiStaalmeester-gee-raad-Kies-die-regte-kragopwekker-s-/p>
Staalmeester bied daardie soort gehalte en diens.
Jy kan kies: As jy ’n vooraf vervaardigde eenheid vanaf 3,1 tot 178 KVA wil hê, is hy onmiddellik van die rak af beskikbaar. Groter eenhede, vanaf 200 KVA, word spesiaal volgens jou behoeftes gebou.
Staalmeester monteer kragopwekkerkombinasies vanaf 12 KVA op basisrame met teen vibrasie montering. Elke eenheid het sy eie brandstoftenk, ingeboude battery houer en ’n loodkalsiumbattery.
So ’n gemonteerde kragopwekker is baie maklik om te installeer, maar die boer moet tog die volgende in ag neem:
• Vra ’n elektrisiën om die elektriese verbruik by die hoofaansluiting te bepaal en te bevestig of dit drie- of enkelfase is.
• Net die noodsaaklike punte moet van bystandkrag voorsien word, want bedryfskoste styg in verhouding met die kapasiteit en brandstofverbruik.
• Besluit of jou kragopwekker met die hand of outomaties aangeskakel moet word.
Die kontrolepanele van alle modelle bo 10 KW is met ATS (outomatiese oordragskakelaars) en AMF (outomatiese hoofskakelaarweiering) toegerus. Die kliënt kan kies of hy ’n Deep Sea- of Smartgen-oordragkas wil hê, wat albei bekend is vir hulle betroubaarheid en doeltreffendheid.
Boere sal bly wees om te hoor dat Staalmeester se kragopwekkers tot en met 20 kW nie gehoor kan word nie, want hulle het klankdigte omhulsels.
Kragopwekkers onder 20 kW het bekende staatmakerenjns soos Perkins-Lovol, New Holland, Mitsubishi en Kirloskar (Deutz).
Die grootmenere, van 24 tot 2 000 kW, het enjins soos Cummins, Volvo Penta, Scania en John Deere. Hulle is oop of toegebou beskikbaar met wêreldbekende opwekkerwisselaars soos Marathon, Leroy-Somer en Stamford.
Staalmeester waarborg alle opwekkers teen foutiewe vakmanskap of materiaal vir 12 maande of 1 000 uur vanaf die dag van aflewering.
Vir krag waarop jy kan reken, praat met Johan Steenkamp van Staalmeester by 018-431-2171/2 of 084-208-0142, of e-pos info@staalmeester.co.za, of besoek www.staalmeester.co.za.
Onderwerpe: Toerusting




