Loading
Handig
Maak water goedkoop warm
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2011-04-15 | 0 Kommentaar
Puik 
 12
 | Swak 
 2

Dit is nie nodig om in sonnige Suid-Afrika ‘n plaas se prys te betaal vir warm water nie. Met die hulp van ‘n eenvoudige u-koppelstuk wat deur Johan Weideman ontwikkel is kan boere sommer nou vinnig-vinnig ‘n plan maak om water te verwarm vir hulle eie en hulle werkers se gebruik.
 
Die u-koppeling maak dit maklik om op enige dak of langs die swembad of plaasdam ‘n stelsel te bou wat sonkrag gebruik om water warm te maak. Johan gee ‘n volledige stel instruksies saam met die koppelstukke wat sal verseker dat die stelsel netjies en stewig opgerig word en ook voorsiening maak vir die uitsetting en inkrimping van die pype sonder om te lek.
 
Die sommetjie vir die hoeveelheid warm water wat deur die stelsel verkry kan word, is eenvoudig: 100 m pyp wat 40 mm dik is, lewer 125 liter warm water en 100 m pyp wat 20 mm dik is, lewer 31 liter warm water. Die water word sommer lag-lag tot 60 grade Celsius verhit. 
 
Die stelsel kan op sy eie gebruik word of om water te verwarm voor dit by ‘n geyser inloop sodat die geyser nie veel krag hoef te gebruik nie. Vir gebruik saam met ‘n geyser is dit net belangrik om van ‘n drukklep gebruik te maak.
 
Om meer uit te vind oor die plan, skakel vir Johan by 0828257573 of stuur ‘n e-pos aan u-connector@live.com

Onderwerpe: Oplossings
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia