Loading
Rotrix Rainmaker tot die redding Kruipspuit maak skaapboerdery moontlik
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2012-05-02 | 0 Kommentaar
Puik 
 11
 | Swak 
 0

Ongediertes soos jakkalse, rooikatte en tweebeendiewe maak kleinveeboerdery al hoe moeiliker en skaapvleis gaan nog ’n skaars produk word, glo Boet Wilken van die plaas, Sonskyn, digby Van  Stadensrus in die goeie ou Vrystaat.

Hy self het al tot veertig skape in een maand aan diefstal verloor. Maar ’n boer maak ’n plan en Boet se plan is om sy skape in kritieke tye in kampe met elektriese heinings en alarmstelsels onder veiligheidsligte naby die huis te hou.

Sy plan is om elke maand van die jaar 300 tot 400 van sy Corriedale en Dohne-Merino-ooie te laat lam sodat die werk van die boerdery eweredig oor die jaar versprei word, maar ook sodat ’n meer bestendige kontantvloei verseker kan word.

Daarvoor is dit noodsaaklik dat daar deur die jaar groen weiding in die kampe vir die lammerooie moet wees en sulke voerproduksie het water nodig. Sonskyn het ’n waterkwota uit die kanaalstelsel van Egmonddam, maar water is duur en skaars en behoort ten beste benut te word, glo Boet.

Al wat nodig is om 'n Rotrix Rainmaker-kruipspuit aan te dryf, is 'n pomp. Alhoewel dit vir enige Suid-Afrikaanse boer maklik is om self  'n Rainmaker te installeer, is dit nogtans lekker dat Rotrix se mense genoeg belangstel om te kom help, sê Boet

Die vloedbesproeiing wat in die verlede op Sonskyn gepleeg is, verg baie arbeid en ’n mens weet nooit hoe deeglik en eweredig dit gedoen word nie.

Boet het spilpuntbesproeiing oorweeg, maar alhoewel ’n spilpunt sekerlik sy plek in die besproeiingsbedryf het, sou die groot uitvalstukke in sy geval ’n gruwelike onderbenutting van grond beteken.

Na deeglike navorsing en oorweging was die antwoord onteenseglik: Rotrix se Rainmaker-kruipspuite.

• Die Rotrix Rainmaker is wateraangedrewe sodat jy net ’n pomp en pype hoef te installeer en nie ook duur kragkabels wat telkens gesteel kan word nie.

• Die Rainmaker verg veel, veel minder arbeid as vloedbesproeiing, goukoppelpype of sleeplyne, dit is veel meer betroubaar en akkuraat en bied veel doeltreffender benutting van bestaande waterbronne.

• Met sy verskillende sproeierstelle en spoedopsies, is die Rainmaker veelsydig en opgewasse teen

redelike kwaai winde. Die Rainmaker se druppels verdig ook nie die grond om opkoms te bemoeilik nie.

• Dit is baie maklik om die Rainmaker te installeer en daarmee te werk.

• Rainmaker is uiters betroubaar en eenvoudig. Daar is geen duur, skaars onderdele nodig nie en in die onwaarskynlike geval dat iets sou breek, is die meeste onderdele sommer by die plaaslike koöperasie te koop.

• Rainmaker kan sonder toesig of sorg deur die nag werk om nagwaterleibeurte ten volle te benut. ’n Mens moet net by wees om hom na die voltooing van een baan na die volgende baan te verskuif.

• As jy ’n Rainmaker nie gebruik nie, kan jy hom op jou  bakkie laai en injou skuur gaan wegsluit of na enige ander plaas neem om hom daar te ontplooi.

Vir doeltreffende, betroubare besproeiing sonder fieterjasies of sukkel, is Rainmaker die antwoord, sê Boet, en daarom het hy sommer met twee van hierdie voortreflike masjiene weggespring.

 Rotrix se mense ken besproeiing, hulle ken boerdery en hulle lewer persoonlike diens. Suid-Afrika se boere is almal opgeleide, ingeligte, intelligente, praktiese mense wat vir enige taak opgewasse is. Enige boer kan self sy beplanning en uitmetings doen om ’n Rotrix Rainmaker te installeer, maar nogtans is dit lekker om te weet jy kan op die rugsteun van ’n werklik behulpsame maatskappy soos Rotrix reken, sê Boet. Jasper Hewitt van Rotrix het hom persoonlik op Sonskyn kom help om sy twee Rotrix Rainmakers in bedryf te stel.

Rotrix Rainmaker kan ook vir jou boerdery nuwe horisonne open, maak nie saak met watter gewasse jy boer nie. Praat met Jasper Hewitt van Rotrix by 023-342-3438, 082-773-7544 of rotrix@intekom.co.za.  Besoek ook www.rotrixirrigator.co.za.

Onderwerpe: Besproeiing
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderNovember 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
Gee jou mening
Waar verkies jy om inligting oor landbouprodukte te kry?

Plaaslike köoperasie
Aanlyn tydskrifte
Gedrukte tydskrifte
Sosiale netwerke
Buurman
Google