Loading
Handig
Die lekkerte van lek is wins
Deur Minnei le Roux | Datum: 2011-08-04 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Baie is al oor lek gesê, gedoen en geskryf. Nou waarom skryf ons alweer daaroor?
 
Lek word in ons land op baie plase nie tot hulle volle potensiaal benut nie. Baie mense dink jy piep ’n dier op met lek, maar daar is ook die wat dink jy kan veld vervang deur lek te gee.
 
Daar is talle verskillende sienings oor lek, maar ek dink die twee belangrikste vrae is:
  • Waarom gee ek lek, en
  • Watter lek moet ek vir watter dier gee?
Gee ek lek omdat my pa gesê het ’n mens moet dit gee, of is dit dalk die koöperasie-stoorman wat sê dat hierdie lek die meeste verkoop, of is dit daardie mooi meisie by die koöperasiekasregister wat sê dit is die goedkoopste en oom Jan koop dit ook? Nee almal sê hierdie lek werk die goedkoopste want sy inname is die laagste. Wag, die buurman het gesê dit werk vir hom.
 
Ek wil hiermee vir u vra: Gaan sit en dink aan die besluit wat een van die grootste uitwerkings het op die winsgewendheid van u bees-, bok- of skaapboerdery.
 
U is nie ’n bees-, skaap- of bokboer wat vleis aan die publiek verkoop nie. U is ’n veldgrasboer wat ’n dier moet gebruik as fabriek om vleis te produseer vir die verbruiker.
 
Soos ons almal weet, in ’n fabriek is daar verskillende grondstowwe nodig om die finale produk te lewer. Lek is deel van grondstowwe wat u saam met gras en die dier nodig het om ’n goeie gehalte produk te lewer wat die verbruiker wil koop.
 
Die veld gee nie alles wat nodig is om die dier ten beste te laat presteer nie en lek is daar om hierdie tekorte aan te vul.
 
Die tipe en hoeveelheid lek wat ’n dier moet kry, word deur u as die fabrieksbestuurder bepaal. Die tyd van die jaar, die tipe dier, die seisoen wat agter die rug is en die veldsamestelling is van die faktore wat ’n rol speel in die besluit van watter tipe lek ek gaan aankoop.
 
Dan moet u ook nou besluit wat u van die verskillende diere verwag, is dit koeie wat weer bul moet vat, gaan u veldvoorbereiding (“backgrounding”) doen met speenkalwers, gaan u hulle op die veld afrond?
 
Na gelang van die antwoord moet u strategies onderhoudslek of produksielek gee, want die koeie het goed of sleg deur die winter gekom.
 
Die lek wat u gee en die hoeveelheid is ’n bestuursfunksie; dit het ’n regstreekse invloed op die winsgewendheid van u bedryf.
 
Brennco het ’n volledige reeks lekke wat geformuleer is vir verskillende toestande en veldtipes en ons sal u bystaan met raad om van u veebedryf ’n winsgewende besigheid te maak. Minnei le Roux van Brennco kan gekontak word by 015-516-0133, 082-566-6900 of mleroux@brenmill.co.za. Praat ook met Jacques by 083-661-3974.

Onderwerpe: Beeste | Dieresorg
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia