Loading
Stuit die terreur! TLU SA maak die wreld wakker
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2012-05-04 | 1 Kommentaar
Puik 
 221
 | Swak 
 0

Gemiddeld twee plaasaanvalle elke week – dit is hoe dit gaan sedert die begin van 2012. Tot die helfte van April was daar 34 plaasaanvalle waartydens 13 mense vermoor is.

“Ons kon reeds vroeg in die jaar sien dat plaasaanvalle en -moorde neig om hand-uit te ruk teenoor verlede jaar,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA.

Die organisasie het besluit om ’n uitgebreide veldtog wêreldwyd te voer om sterker optrede teen plaasmoorde te bepleit.

In Februarie het TLU SA die geleent-heid gekry om ’n openbare vergadering van Europese Parlementslede in die Europese Parlement in Brussel toe te spreek oor plaasaanvalle. Verskeie gesprekke met ander Europese politici is ook gehou om hulle te betrek by die veldtog teen plaasmoorde.

Hoewel plaasmoorde in Suid-Afrika nie meer vreemd is vir die internasio-nale gemeenskap nie, was hulle nie bewus van die aard en omvang daarvan nie. TLU SA se assistent-hoofbestuurder: Kommunikasie, Henk van de Graaf, het in sy voorlegging aan die Europese Parlementslede die volgende moontlike hulpmiddele aan die hand gedoen:

• Die Europese Unie was een van die instellings wat persoonlike sanksies teen Robert Mugabe en sy regeringsmense ingestel het toe dinge in Zimbabwe begin skeefloop. Tot in daardie stadium is 24 boere in Zimbabwe vermoor teenoor die 1 555 in Suid-Afrika, dus behoort die EU ook te oorweeg om persoonlike sanksies teen president Jacob Zuma en van sy kabinetslede te ondersoek.

• Plaasaanvalle moet tot ’n misdaad teen die mensdom verklaar word.

Enkele weke na hierdie besoek het verteenwoordigers van 19 lande in die Europese Parlement, uit sewe van die agt politieke groeperinge, ’n verklaring teen plaasaanvalle in Suid-Afrika

onderteken. Die verklaring is vir verdere hantering na die Europese Kommissie verwys.

Mosies teen plaasaanvalle word ondertussen in Suid-Afrika voorberei om in verskeie Europese parlemente bespreek te word. Al hierdie optredes het beslis die internasionale oog na plaasmoorde gedraai.

Binnelands is TLU SA besig om deur sy strukture die plaaswagstelsel uit te brei en om die landelike beveiligingsplan verder in werking te stel. Boere word deurlopend gemaan om na hulle eie veiligheid om te sien en hulleself paraat te hou en te probeer voorkom dat hulle onverhoeds betrap word.

Daar word deurentyd gepoog om op hoë vlak gesprekke met die polisie te voer om die saak te bespreek, nie net om te hoor wat hulle aan plaasmoorde gaan doen nie, maar om TLU SA en sy boere se hulp aan te bied.

Bennie sê: “Dit is baie frustrerend aangesien die kommissaris van Polisie eenvoudig geen skrywes beantwoord nie.”

TLU SA het saam met ander belanghebbende organisasies in Maart ’n vergadering belê waarheen die kommissaris van Polisie en die minister van Polisie genooi is om die saak te bespreek. Nie een van die twee het opgedaag of iemand in hulle plek gestuur soos versoek is nie.

TLU SA dring steeds daarop aan dat die polisie ’n spesiale ondersoekeenheid na plaasmoorde in die lewe moet roep.

“Ons het dit al by herhaling op rekord gestel dat ons glo dat ander motiewe as diefstal of roof agter die plaasaanvalle skuil en dit behoort tot op die been oopgevlek te word,” sê Bennie.

Hy verwys na die onlangse voorval naby Heilbron, waar ’n boer met ’n petrolbom aangeval is. Hy het ernstige brandwonde opgedoen en sy bakkie is verwoes.

“Dit kan mos nie as iets anders as terrorisme beskou word nie.”

TLU SA voer ’n petisieveldtog teen plaasmoorde op sy webtuiste (www.tlu.co.za), waar reeds goeie terugvoer ontvang is. Daar word ook gepoog om slagoffers van plaasaanvalle by te staan uit TLU SA se Traumafonds. Goeie terugvoer is ook ontvang op die oproep om R10-bydraes tot die fonds te maak deur die boodskap TLUSTOP per teksboodskap te stuur aan 48716. Nog bydraes word verwelkom.

Tans word ook meer formeel ondersoek ingestel na ’n neiging wat opgemerk is dat boere wat nie lede van TLU SA of ander landbou-organisasies is nie, eerder geteiken word vir plaasaanvalle. “Dit is net so dat mense wat betrokke is by die organisasies beter radiokommunikasie het en ook meer betrokke is by beveiligingsaksies,” sê Bennie.

Daarom word daar steeds ’n ernstige beroep op boere gedoen word om betrokke te raak by georganiseerde landbou. Deel van die oplossing teen plaasaanvalle is om deel te wees van strukture wat indiwiduele boere onder-steun en bystaan. Uiteraard staan TLU SA se deure landwyd oop vir boere wat deel wil wees van dié dinamiese landbou-unie.

Skakel 012-804-8031 of kry al die besonderhede oor lidmaatskap op www.tlu.co.za.

Onderwerpe: Beveiliging | TLU SA
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
Wen met jou meningAll fresh logo
KalenderApril 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
Gee jou mening
Wat gebeur met jou plaas sodra jy aftree

Een kind erf dit
Al die kinders erf dit
Ek verkoop dit
Slegs gegradueerde kinders erf
Sit dit in n familietrust
Ek gee nie om nie