Latest stories

  • in

    RPO Noord-Kaap-kongres: Die rooivleisbedryf kan groei en die droogte sal verbygaan

    “Landbou en meer spesifiek rooivleis is een van die bedrywe waar daar nog baie potensiaal vir die toekoms is om werk te skep en dit uit te brei na rykdom oor ‘n breë spektrum,” sê Johan van der Colff, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, Noord-Kaap. Hy het sy voorsittersrede gelewer op die RPO Noord-Kaap se kongres […] More

  • meat
    in

    RPO verwelkom spoedige optrede oor Brasiliaanse vleisinvoere

    Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid-Afrika (RPO) wil die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met die vinnige en doeltreffende optrede rakende die vleisskandaal in Brasiliё. Die RPO beskou die departement en spesifiek die Direktoraat: Veeartsenykundigedienste as ʼn belangrike vennoot van die RPO in die lewering van veilige vleis en vleisprodukte aan die Suid-Afrikaanse verbruiker. […] More

  • honde
    in

    Jag met honde bly ‘n probleem

    Die nasionale RPO(Rooivleisprodusente-organisasie) het tydens sy afgelope uitvoerende raadsvergadering die probleem van die onwettige jag met honde breedvoerig bespreek en het meer hieroor uitgebrei in hulle nuusbrief van Februarie. Boere wil weet wat hulle te doen staan as daar onwettig op hulle plase gejag word met honde. Dit het ‘n sport geword en daar is […] More

  • RPO
    in

    RPO Voorsitter is veeprodusent van die jaar

    GWK, die Suid-Afrikaanse agri-onderneming wat aan boere behoort, het die wenners van sy jaarlikse GWK Ikone aangewys, ‘n viering van die leiers in die landboubedryf. Mnr Koos van der Ryst van die Koopmansfontein-omgewing is as die veeprodusent van die jaar aangewys in erkenning van sy uitstekende boerderypraktyke. Hy het meer as 1 000 beeste vir […] More

  • in

    Skaapvleispryse gaan moontlik herstel

    Internasionaal word verwag dat skaapvleispryse sal voortgaan om te versterk in reaksie op verlaagde voorrade. Plaaslike pryse sal na verwagting in die volgende paar weke herstel soos wat dit warmer raak, volgens ABSA Agri Trends. Plaaslik Pryse was gedurende die week van 23 Augustus 2016 sterk omdat die warmer weer ondersteuning bied aan die vraag […] More

  • in

    Nuus vanaf die RPO:

    Die Nasionale Rooivleisprodusente-Organisasie (RPO) se Nasionale Konferesie en Kongres het pas op Parys in die Vrystaat plaasgevind. Hieronder is van die sake wat aan die lig gekom het. Suid-Afrika se vee moet nou getel word Die kongres het die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye versoek om ‘n veesensus te doen volgens die metodes soos […] More

  • in

    Verbruiker het die hef in die hand

    “Die sukses van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika word bepaal deur die vraag na ons produk,” het Lardus van Zyl in sy voorsittersrede tydens die RPO se nasionale kongres gesê. As ‘n mens kyk na die vraag na rooivleis, dui die jongste voorspellings daarop dat die binnelandse mark vir beesvleis tot 2025 met 9% sal groei […] More

  • in

    Boere: Meld tog veediefstalsake aan!

    Die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) was die afgelope tyd betrokke by baie vergaderings regoor die land en dit is duidelik dat die syfers oor die nie-aanmelding van veediefstalsake nie oordryf word nie. Daar is ‘n groot toename in veediefstal, maar die syfers wys dit nie. Statistieke Suid-Afrika het aangedui dat 36,3% van veediefstalsake in 2011 nie […] More

  • in

    LIMRPO Kongres se program

    Die LIMRPO Kongres vind op 26 Julie 2016 in Nylstroom by Weesgerus Holiday resort plaas. Kyk hier na die volledige program: More

  • in

    Meer oor die Handleiding vir Veediefstalvoorkoming

    Die Handleiding vir Veediefstalvoorkoming is die boer se een-stopgids vir die voorkoming en hantering van veediefstal. Dit dek alle aspekte van veediefstal en die bekamping daarvan. Die RPO (Rooivleisprodusente-organisasie) het die volledige veehandleiding beskikbaar op hulle webwerf by www.rpo.co.za. Hier is so ‘n kort kykie: Hoofstuk 1 Dit handel oor die merk van vee. Die […] More

  • in

    Jy kan voorkom dat jou diere siek word

    As ‘n mens die maandelikse verslae oor dieresiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veeartse in Suid-Afrika bestudeer, is dit duidelik dat die meeste  van die aansteeklike siektes verhoed kon word as diere behoorlik daarteen ingeënt was. Die doel van die maandelikse dieresiekteverslae is dat boere in samewerking met hulle veeartse ‘n dieresiekte-bestuursprogram sal uitwerk met inagneming […] More

  • in

    Produsenteprys van skaap- en beesvleis daal

    Die produsenteprys van beesvleis het oor die afgelope vier weke ook met 8% gedaal en jaar-op-jaar is die produsenteprys van beesvleis nou net 4% hoër as in 2015. Bees- en skaapvleis produsentepryse het dus heelwat minder gestyg as die Maart jaar-op-jaar voedselinflasie-indeks wat op 9,8% was. As die produsenteprys daal, neem dit egter ‘n ruk […] More

Load More
Congratulations. You've reached the end of the internet.