Strautmann-misstrooiers vir vinnige sondersukkelwerk

Strautmann-misstrooiers vir vinnige sondersukkelwerk

Ons land se boere verdien al die ondersteuning wat hulle kan kry en ons almal moet ons deel doen om by te dra tot voedselproduksie. Só glo Inttrac Trading se mense en daarom verskaf en rugsteun hulle net die beste landbouwerktuie om die boer se taak makliker en doeltreffender te maak.

“Die boer kan kies tussen drie Strautmann-misstrooiermodelle: die Strautmann BE 9 wat 10 kubieke meter of 7 ton mis hou, die BE 1401 wat 14 kubieke meter of 10 ton mis hou en die VS 2004 wat bedoel is vir boere met groot lande met sy vermoë van 21 kubieke meter of 15 ton,” sê Dirk de Koster van Inttrac.

Al drie misstrooiers is dubbelskyfstrooiers met geveerde dubbelaste sodat hulle gladweg oor ongelyke oppervlaktes kan loop. Hulle almal word meganies aangedryf vanaf die trekker se kragaftakker. Die vloerkettings se spanning word outomaties verstel, die strooivolume word hidroulies verstel en die vloer word hidroulies aangedryf deur ’n swaardiensratkas.

Die geen-onderhoud Strautmann VS 2004

Die groot Strautmann VS 2004 is perfek vir ’n haastige boer wat nie tyd het om vir ’n masjien te wag of om hom rond te kloek met ’n ghriespomp nie. “Hy het ’n sentrale ghriesstelsel, die Beka-max ghriesstelsel, wat al die punte smeer sodat die masjien nie sommer stilstaan nie. Hierdie model het ook geen instandhouding nodig nie,” sê Dirk.

Die masjien se strooibreedte is tussen 12 en 20 m afhangende van die gewig van die produk, “want iets wat swaarder is kan verder gegooi word,” voeg Dirk by.

As jy trekkeronderdele benodig of op soek is na gehalte toerusting soos die Strautmann-misstrooier, kontak Inttrac Trading by 016-365-5799 of 082-566-1455,  stuur n e-pos aan inttrac@cyberserv.co.za of besoek www.inttrac.co.za.

Beka-max ghriesstelsel

Boere kon die groot Strautmann-misstrooier se Beka-max-ghriesstelsel van naby bekyk by NAMPO. Dit maak dat die masjien homself smeer en geen onderhoud nodig het nie. Wat meer wil ’n boer hê?