in

Sonkrag vir Hennenman-silo

sonkrag silo

Die eerste sonkrag-silo in die Senwes-groep en in Suid-Afrika is op Hennenman in werking gestel. Dit volg op die installering van 2 392 sonpanele met ‘n totale kapasiteit van 753,48 kWp in Junie 2016 by Senwes se hoofkantoor in Klerksdorp.

Vir die slio is 1 120 sonpanele met ‘n kapasiteit van 358 kWp geïnstalleer. Die totale beraamde sonkragverbruik is 472 460 kWh per jaar, wat 62% van die totale elektrisiteitsverbruik van Hennenman-silo verteenwoordig. Dit sal ‘n aansienlike kostebesparing bewerkstellig.

Francois Strydom, groephoofuitvoerende beampte van Senwes, sê: “In lyn met ons volhoubaarheidsdoelwitte en, onder andere, ons bydrae tot die vermindering van die koolstofvoetspoor, sal die Sonkrag PV ‘n besparing van ongeveer 1 kg CO2/k Wh meebring. Die geprojekteerde koolstofbesparing sal 472,5 ton CO2 per jaar beloop.

Dié projek het in Januarie vanjaar begin en is in April voltooi, toe dit by die bestaande elektrisiteitstelsel geïntegreer is. Die silobestuurder, Nico Els, monitor die Sonpaneel PV met ‘n spesiale toepassing, Sunny Portal, waarmee die totale kWh wat per uur geproduseer word, in ‘n oogwink gesien kan word. Hy is baie opgewonde oor die resultate tot dusver – die stelsel het onlangs 1 600 kWh en 281 kWp aangedui, 10% bo die geprojekteerde maksimum aanvraag van 266 kWp.

In ‘n poging om doeltreffende dienste aan sy klante te lewer, beskou Senwes dit as toepaslik om in tegnologie en alternatiewe energie te belê. Dit is ‘n loodsprojek wat uitgevoer word deur Motla Raadgewende Ingenieurs in opdrag van Senwes. Volgens Francois sal die installering van Sonpaneel PV-stelsels by ander silo’s binnekort gedoen word.

Bron: Senwes

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

ProAgri 208 – Junie 2017

SA Vleismerino hou ‘n Megaboere-skaapinligtingsdag en klubveiling