in

SA Vleismerino hou ‘n Megaboere-skaapinligtingsdag en klubveiling

SA Vleismerino se boeredag en klubveiling  vind op 23 Augustus 2017 by die Kroon Boma in Kroonstad plaas.

Die registrasiekoste is R100 per persoon wat ‘n spitbraai ete en alles vir die res van die dag insluit. 32 jaar se beproefde genetika is beskikbaar op die veiling. Telers moet ‘n jong tweetandram, viertandram en vyf ooitjies na die veiling bring. Die ooitjies moet dragtig wees of gereed wees vir die ram.

Daar gaan verskeie uitstallers in die veebedryf wees en dr Faffa Malan en dr Hendrik van Pletzen gaan praatjies lewer. Dr Faffa gaan veral praat oor die rede vir lammervrektes.

“Weens die geweldige groei wat ons elke jaar met die dag ervaar, met 367 gaste en 26 uitstallers vir 2016, het die bestuur besluit om maatskappye en belangstellendes ook as Nasionale Borge te nader. Kontak my asseblief indien u sou belangstel om ‘n Nasionale Borg te wees,” sê Neline Pienaar, klubsekretaresse van die  Noord-Vrystaat SA Vleismerino klub.

Omdat hulle hierdie jaar geskuif het na die Kroon Boma gaan elke uitstaller ‘n onderdak “KRAAL” beskikbaar hê as ‘n stalletjie. ‘n Dubbelkraal is 3 m breed en 6 m lank.

Die program sal in samewerking met die borge saamgestel word. Neline sê: “Elke borg sal op meriete die nodige blootstelling op die dag ontvang.”

Vir meer besonderhede oor borgskappe kontak Neline Pienaar by 082-440-4492 of stuur vir haar ‘n e-pos na Bennieneline@eleo.co.za.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

sonkrag silo

Sonkrag vir Hennenman-silo

NAMPO

Fees van groot geesdrif en goeie tegnologie – NAMPO 2017