in

SA aan die stuur van die WLO

Dr Theo de Jager is verkies tot voorsitter van die WLO(Wêreldlandbou-organisasie) in Helsinki, Finland.

“Agri SA wil vir dr Theo de Jager, ‘n vorige adjunkpresident van Agri SA, gelukwens met hierdie prestasie. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat die WLO gaan lei en ons is trots op wat hy bereik het as ‘n mede Suid-Afrikaner en boer,” sê Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

Agri SA wil ook vir Alfred Banda gelukwens wat gekies is as raadslid van die Afrika-kontinent.

Dr De Jager is bekend in landboukringe in Suid-Afrika en Suidelike Afrika. Vir die afgelope agt jaar het hy Agri SA verteenwoordig by die konfederasie van landbou-unies in Suider-Afrika (SACAU) en was ook president van hierdie organisasie sedert 2013.

Hy het onlangs uitgetree as president van Pan-Afrika Boere-organisasie (PAFO) en as voorsitter van die Non-state Actors Coalition of Nepad. Hy het vir 10 jaar op Agri SA se algemene raad gedien.

Die WLO is ‘n organisasie wat boere verteenwoordig en hulle doel is om boere se posisie te versterk binne die waardeketting met veral ‘n fokus op die kleinboere.

Bron: Agri SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Partnerships to nurture future farmers

beef cattle

How to handle your beef cattle – Part 8: Lifting apparatuses, field pens, hay racks and watering systems