Handig
Verwante artikels
Pompom en bankrotbos: Wen jou weiding terug met Brush off
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2011-01-21 | 3 Kommentaar
Bankrotbos, ook bekend as slangbos of Stoebe Vulgaris, is besig om weiding op groot skaal te vernietig. Boere se uitroepe om hulp word van oral gehoor. Selfs die regering het al kennis geneem van die omvang van die probleem en die Department van Landbou is tans besig om met die hulp van landbouorganisasies ’n opname te doen oor die voorkoms van bankrotbos.
|
Dit is weer daardie tyd van die jaar. Langs ons land se paaie staan die pragtige ligpers pompom weer geil in die blom.
Net so pragtig soos die pers blommetjie, so dodelik is die plant vir ons natuurlike weiveld, want waar die pompom indring, groei daar niks anders nie.
Boere kan gerus in hierdie tyd mooi kyk waar die pompom al kop uitgesteek het, want nou is die beste tyd om hom raak te sien en vir uitwissing te merk.
Pompom, oftewel Campuloclinium macrocephalum, is as ’n Kategorie 1-indringerplant geklassifiseer, wat beteken dat hy volgens wet voor die voet uitgeroei moet word. Kategorie 1-plante is uitheemse plante wat geen ekonomiese doel dien nie en skadelik vir mens, dier en die omgewing is – en dit is die pompom terdeë.
Die wortels skei ook ’n chemiese stof af wat die omringende grond steriel maak sodat inheemse plantegroei nie kan ontkiem nie.
Die plant versprei maklik deur sy groot hoeveelhede saad wat nie net deur die wind aangehelp word nie, maak ook deur die mens, wat die oulike blommetjies langs die pad afpluk en elders weggooi. Dan het die plant ook nog ’n ondergrondse stingel waardeur hy vegetatief voortplant.
Brand en sny help niks teen die pompom nie.
![]() |
Maar gelukkig is alles nie verlore nie. Brush-off is die oplossing. Dit is ook die enigste middel wat vir die bestryding van pompom geregistreer is. Deur jare van navorsing het DuPont ’n middel ontwikkel wat peste en indringers soos pompom kan uitwis, sonder dat die nuttige gras daar rondom ’n onverdiende dwarsklap kry!
Die beste van alles is dat Brush-off ook ’n gedugte wapen is in die stryd teen bankrotbos.
Die bankrotboskrisis
Geen boer kan in hierdie tyd wat die milde reën daardie verwoester van weiding, die bankrotbos, laat opskiet het, sonder ’n bottel Brush-off betrap word nie.
|
Bankrotbos, ook bekend as slangbos of Stoebe Vulgaris, is besig om weiding op groot skaal te vernietig. Boere se uitroepe om hulp word van oral gehoor. Selfs die regering het al kennis geneem van die omvang van die probleem en die Department van Landbou is tans besig om met die hulp van landbouorganisasies ’n opname te doen oor die voorkoms van bankrotbos.
’n Totale strategie is nodig teen die totale aanslag.
Bankrotbos, met sy lelike harde vaal blare, neem weiding so vinnig en volledig oor dat daar min te vrete vir die vee oorbly. Hy’s ’n taai kalant wat nie maklik uitgeroei word nie. Vuur is kos vir hom! En skoffel help nie eintlik nie.
Die belangrikste wapen in ’n boer se strategie teen die aanslag is Brush-off wat bankrotbos uitknikker, maar gras geen skade aandoen nie. Die middel is deur die chemiese maatskappy, DuPont, ontwikkel vir onder meer die beheer van sekere breëblaaronkruidsoorte in graan en dit is bankrotbos se tier!
Die beste resultate word in die plant se aktiewe groeistadium behaal, met ander woorde: nou!
Wenke vir die beheer van bankrotbos met Brush-off:
|
Vir meer inligting oor die gebruik van Brush-off, skakel DuPont by 011-218-8600.
Onderwerpe: Beeste | Bewaring | Produkte
Lesers kommentaar
| Posted by: Werner_390 | |
| 2011-05-11 @ 5:00:45 | |
| Dankie vir die goeie artikel.
Ek het baie goeie resultate met beide Brush Off en Climax (Volcano agroscience) gekry op bankrotbos. Albei middels het dieselfde konsentrasie van die aktiewe bestandeel - 600 g/kg METSULFURON METHYL. Toediening wat ek gebruik het: 300L/ha aangemaak teen 50g/100L = 150g/Ha Benatter (Qwemiblen) @ 250ml/Ha Die Climax is heelwat goedkoper per gewig as die Brush-Off. Indien jy spesifiek Brush-Off wil gebruik, kry pryse by meer as een agent. Ek het gekoop @ R400/250g by agent 2 nadat agent 1 my R525/250g gekwoteer het. Ek het R572/525g betaal vir die Climax - net so goed gewerk. Ek het einde Februarie gespuit. |
| Posted by: malano | |
| 2011-02-16 @ 1:17:55 | |
| Inkbessie (Cestrum parqui en Cestrum lavigatum) is ook as n Kategorie 1 indringerplant geklassifiseer, net soos die Pompom! |
| Posted by: malano | |
| 2011-02-16 @ 0:10:02 | |
| Dankie vir n puik artikel Annemarie!
Ek wil graag n dringende versoek tot jou rig om n soortgelyke artikel te plaas om die yslike probleem met Inkbessie (Cestrum parqui) onder die aandag van alle grondeienaars, ja, ook in stede en dorpe, te bring! Die plant versprei soos n veldbrand en is giftig vir beeste, bokke, skape, perde ens. n Dragtige bees bv.,aborteer en vrek dan, alles binne 2-3 dae se tyd. |
| |
Gee jou mening

Agter die pompom se pragtige pers blommetjies skuil ’n gevaarlike indringerplant wat boere groot skade kan berokken. Gelukkig kan boere nou Brush-off gebruik om die pes te beveg. Hoe langer jy wag, hoe meer woeker die plant en hoe duurder gaan dit word om dit uit te roei.
Wanneer bankrotbos betyds bestry word, is dit maklik en goedkoop, maar wanneer dit eers toegelaat word om voort te woeker soos hier, waar dit haas alle weiding verdring het, word bestryding al hoe duurder. Beveg bankrotbos dus betyds.



