Loading
Handig
A guide to animal diseases in South Africa: Game
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2011-08-04 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die boek wat deur die baie bekende Oberem-veeartsegpaar geskryf is, is die eerste volledige gids oor wildsiektes wat in Suid-Afrika spesifiek vir wildsplaaseienaars, wildbewaarders en ander mense betrokke by die bestuur en hantering van wild bedoel is. Dit is nie gemik op veeartse nie.
 
Die boek bevat 190 foto’s, sketse, kaarte en uitbeeldings van die lewensiklus van parasiete. A guide to animal diseases in South Africa: Game hanteer die meeste algemene siektes en parasiete wat soogdierspesies in die natuur of op wildsplase aantas. 
 
Daar is inleidende hoofstukke oor die meeste soogdierspesies wat deur wildboere aangehou word, die belang van ’n gesonde ekosisteem en die bestuur van wildsplase, met verwysing na die invloed wat dit op die gesondheid van die wildlewe het, asook die bestuur van “probleemdiere” en die grootmaak van diere wat wees gelaat is.
 
Die afdeling oor siektes word voorafgegaan deur ’n bespreking van sekere algemene nie-aansteeklike toestande soos voedingsprobleme en trauma.
 
Die oorsake, simptome, behandeling en beheermaatreels van spesifieke siektes word dan in afsonderlike hoofstukke hanteer. Daar word ook heelwat aandag gegee aan die uitwerking van parasiete op verskillende spesies en die maatreels wat getref kan word om te voorkom dat weerstand teen beheermiddels by parasiete opbou.
 
Die boek het ook ’n afdeling oor die vergiftiging van wild, hetsy deur inheemse en indringerplante of deur chemikaliee.
 
Dit is ’n pragtige volkleurpublikasie van 144 bladsye met ’n sagte omslag en sal beslis ’n aanwins wees vir enige wildboer of persoon wat met die bewaring van wild te doen
het.
 
A guide to animal diseases in South Africa: Game kan teen R240 (posgeld uitgesluit) by Kejafa Knowledge Works bestel word. Bestel by kejafa@mweb.co.za of by 011-025-4388.

Onderwerpe: Bewaring | Boeke | Dieresorg | Wild en jag
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia