Handig
Verwante artikels
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI)
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-08-12 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
Om groter velle te looi
Die volgende metode vereis baie werk, maar is besonder goed vir groot en natuurlik ook vir kleiner velle:
Week die vel in warmwater, rek dit en skraap dit dan goed op die vleiskant.
Smeer dit dan met ‘n deeg van gelyke dele salpeter, boraks en Glaubersout wat met warmwater klam gemaak is; vou die vel op met die vleiskant binnetoe en laat dit vier-en-twintig uur lank lê; was daarna in warmwater.
Smelt dan twee onse (57 gram) goeie seep, een ons (28 gram) wassoda en ‘n halwe ons boraks en besmeer die vleiskant daarmee. Vou die vel op en laat dit vier vier-en-twintig uur lank lê. By warm weer moet die vel opgepas word as dit opgevou lê.
Maak ‘n oplossing deur een pond (0,455 kilogram) aluin en twee pond sout op te los in ‘n paraffienblik vol (4 gelling – 18,18 liter) warm reëntwater of ander sagte water. Sodra die mengsel afgekoel is, dat ‘n mens nie meer die hande daarin kan brand nie, word die vel daarin gelê en moet daar twaalf uur lank bly week.
Neem dit dan daar uit, wring dit en hang dit dan weer twaalf uur lank oor ‘n lyn of riem.
Die laaste droog- en weekproses moet so deurgaan tot die velle sag genoeg geword het.
Die gewoonlike rek, vrywe en wring eindig dan die werk.
Volgende week vertel HH Borckenhagen verder oor velle brei.
Die hele reeks:
Onderwerpe: Toentertyd| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (X) | |
![]() | 2011-09-09 | 0 Kommentaar |
| Die laaste deel van HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool se artikel oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerde | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX) | |
![]() | 2011-09-02 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VIII) | |
![]() | 2011-08-26 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII) | |
![]() | 2011-08-19 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn. | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI) | |
![]() | 2011-08-12 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika versk | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (V) | |
![]() | 2011-08-05 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel van nog ‘n metode om middelslag velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IV) | |
![]() | 2011-07-29 | 0 Kommentaar |
| HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vers | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (III) | |
![]() | 2011-07-08 | 0 Kommentaar |
| Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool in Boerdery in Suid-Afrika se uitgawe van September 1927 vertel het hoe ‘n mens kl | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (II) | |
![]() | 2011-07-01 | 0 Kommentaar |
| Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September | |
| Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (I) | |
![]() | 2011-06-24 | 2 Kommentaar |
| In Oupa-hulle se tyd was toue en kettings skaars en trekdiere is grootskaals gebruik. Daarvoor moes rieme gebruik word en daardie rieme het Oupa-hulle self op | |
| |
Gee jou mening















