Handig
Verwante artikels
Psalm 15 ‘n Psalm van Dawid
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-09-25 | 0 Kommentaar
HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie.
Onderwerpe: | |
Gee jou mening





