Handig
Verwante artikels
Systap slaggatskade
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-08-09 | 0 Kommentaar
![]() |
Met slaggate wat ‘n toenemende verskynsel op Suid-Afrika se paaie word, moet ‘n mens baie katvoet bestuur om skade en selfs lewensverlies te voorkom.
Somtyds is dit onmoontlik om ‘n slaggat te vermy terwl ‘n mens teen ‘n hoë spoed ry. Goeie raad is om nooit te rem terwyl jou voertuig ‘n slaggat tref nie. Rem so skerp as wat jy wil terwyl die slaggat naderkom, maar lig jou voet van die pedaal net voordat die voertuig die slaggat tref.
‘n Wiel wat los rol staan ‘n veel beter kans om die skok van ‘n slaggat te oorleef as een wat onder die uiterste spanning van rem verkeer. Afhangende van die diepte en aard van die slaggat kan ‘n voertuig wat rem terwyl jy die slaggat tref ook omslaan.
Stuur ‘n wenk wat jou boerdery makliker maak of huishoudelike wenke, gemerk Boerseplan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker lewendige musiekpiering van Thys die Bosvelklong te wen.
Onderwerpe: Wenke | |
Gee jou mening






