Loading
Handig
Probeer ‘n peuselbraai
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-08-02 | 1 Kommentaar
Puik 
 10
 | Swak 
 0

Vleisbraai is ‘n lekker ding, maar dit het ook sy onlekker elemente: Al die gaste sit en honger word terwyl een of twee die vleis braai. Sodra die vleis gaar is, kry elkeen ‘n massiewe bord kos om te verorber en daarmee is die geselligheid op ‘n einde.
 
Dis dalk ‘n goeie gedagte om ‘n vleisbraai soms met ‘n peuselbraai af te wissel. Die beginsel van ‘n peuselbraai is dat verskillende mense verskillende gereggies voorberei en rondhou sodat gaste die hele tyd aan die peusel bly.
 
Die vuur bly brand, maar van die geregte kan ook op ‘n riffelplaat of selfs in ‘n pan oor gas gaargemaak word. Dis geselliger, minder uitputtend en lewer minder skottelgoed op.
 
Voorstelle vir peuselbraaigeregte:
  • Slakke op sampioene met ‘n knoffelbottersous
  • Hoendernekkies en -hartjies (vooraf gaargemaak)
  • Skaapstertjies (vooraf gekook en op die rooster warm gemaak)
  • Repies biefstuk op ‘n plank bedien met tandstokkies om dit te steek en met bakkies sous om dit in te doop, soos knoffelsous en sampioensous
  • Hoendervlerkies
  • Stukkies gaar boerewors (bedien met tandestokkies)
  • Stukkies gaar weense worsies (bedien met tandestokkies)
  • Baba-aartappeltjies in broodkrummels en sesamsaad gerol en in olie gediepbraai (bedien saam met ‘n doopsous of mayonnaise)
  • Stukkies gaar groenmielie of suikermielie
  • ‘n Groentebord met stukkies rou wortel, heel klein tamatietjies, groenbone, sampioene, blomkool en ertjies
  • Visbolletjies in olie gediepbraai saam met doopsous
  • Klein vetkoekies
  • Klein roosterkoekies met botter en stroop of heuning
 
Gebruik jou verbeelding en laat weet ons watter geregte jy sou byvoeg.
 
Met ‘n peuselbraai kry elkeen wat wil die kans om met ‘n gereggie te spog. Die gaste bly die hele tyd peusel en kuier en geniet. Die peuselbraai kan ook duur so lank as wat jy wil sodat gaste kan kom en gaan soos hulle wil.
 
Stuur ‘n wenk oor peuselbraai, ‘n wenk wat jou boerdery makliker maak of huishoudelike wenke, gemerk Boerseplan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n lekker lewendige musiekpiering van Thys die Bosvelklong te wen.

Onderwerpe: Wenke
Lesers kommentaar
Posted by: Annemarie-Joubert_428
2011-08-02 @ 0:28:55
 Goed, nou is ek regtig honger!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia