Loading
Handig
Hou jou enjin koelkop
Deur Dom Boer | Datum: 2011-10-18 | 1 Kommentaar
Puik 
 2
 | Swak 
 0

Dinsdag 4 Oktober

 

Hou jou enjin koelkop

 

‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder hoef te sukkel. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.

 

Trekkers, bakkies, motors en vragmotors: ‘n Gebarste verkoelerpyp kan jou op ‘n ongemaklike tyd in die steek laat. Dit kan jou ook groot skade as gevolg van enjinoorverhitting berokken. Moenie wag totdat ‘n verkoelerpyp bars en jouself dan staan en jammer kry nie. Voel minstens een keer per jaar aan die pype. As hulle sponserig voel wanneer jy hulle druk, is dit tyd om hulle te vervang. As jy doodseker wil maak, ontkoppel die pyp, druk ‘n stuk lap daarin en trek dit uit. As daar stukkies rubber aan die lap is, is dit ‘n teken dat die pyp begin verweer. Vervang dit.

 

Onderwerpe: Trekkers | Voertuie | Wenke
Lesers kommentaar
Posted by: Ertjies_743
2012-05-12 @ 3:29:41
 baie handig
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia