in

Onteiening sonder vergoeding is diefstal, sê TLU SA

Foto: BusinessLIVE

In reaksie op die uitlatings van mnr Cyril Ramaphosa, die nuutverkose ANC-president, dat grond in private besit “gevat” gaan word, sê TLU SA dit beteken in gewone Afrikaans, “die wettiging van diefstal”.

Die organisasie sê in dieselfde asem word bepaalde voorwaardes gestel, naamlik dat die ekonomie nie geskaad moet word nie en dat voedselsekerheid nie nadelig geraak moet word nie.

“Gegewe erkenning deur die regering self, dat die produktiewe benutting van landbougrond wat ingevolge die restitusieproses reeds aan begunstigdes oorgedra was, asook die kortstondige beskikbaarstelling van miljarde Rand se hulpverlening aan mense wat nie kan of wil boer nie, klaaglik misluk het, beloof hierdie nuwe belofte niks goed vir Suid-Afrika nie”, sê mnr Louis Meintjes, president van TLU SA.  Hy vra: “Waar in die wêreld het onteiening sonder vergoeding, en die voortgesette verval van landbougrond tot buitelandse vertroue, ekonomiese groei en hoër voedselproduksie gelei?”

“Geen ideologie, gerugsteun deur oppervlakkige populistiese beloftes, maar wat nie met ekonomiese beginsels tred hou nie, gaan vir ons heil sorg nie. As mnr Ramaphosa regtig ‘n onhanteerbare situasie wil skep, dan moet hy aktief meewerk om hongersnood te bevorder. Sy belofte om grond sonder vergoeding te onteien, skep die potensiaal om opnuut rewolusie te ontketen. Onteiening van private eiendom sonder vergoeding, is diefstal.”

Bron: TLU SA

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

meat

Rwanda verbied landbou-invoere van SA

Wolmark styg met 0,2%