in

Ons praat oor kruisteling – Simmentaler: Die syfers praat

simmentaler

Simmentaler is al van vroeg in die 1960’s af die towerwoord in enigekruisteelprogram en is vandag nog steeds die ras waarmee rekening gehou moet word.

Die beginsel is eenvoudig: Die kommersiële boer moet die som maak waarvoor hy betaal word, is dit sentiment of kleur of kilogram? Onthou, voerkrale en speenkalfkopers betaal per kilogram. Daar is voerkrale wat ’n premie betaal as die kalwers se vaar ’n geregistreerde Simmentalerbul is.

As jy Simmentalerbulle gebruik, het jy nog die voordeel dat jy nie net swaarder kalwers speen nie, maar die Simmentaler-kruisvers is ’n uitstekende teelkoei met baie melk en vrugbaarheid.

Heelwat melkboere wat nie vervangingsverse nodig het nie, insemineer hulle Holsteinkoeie met Simmentalersemen. Word bulkalwers gebore, dan is hulle meer bemarkbaar vir vleis as suiwer Holsteins, en word verskalwers gebore, dan produseer hulle genoeg melk om die boer die keuse te bied of hy hulle in sy melkkudde wil opneem of vir vleis wil bemark.

Simmentalertelers is oor die hele land en Namibië versprei en oral word bulle op produksie- en ander veilings aangebied. Die bulle is gekeur en geregistreer met betroubare teelwaardes wat jou kan help om die regte bul vir jou behoefte te kry.

Vir meer inligting oor hoe Simmentaler vir jou meer wins kan verdien, skakel vir Flaf Lauwrens, Rasbestuurder, by 082-442-2083, of die Simmentalergenootskap by 051-446-0580/2, of stuur n e-pos aaninfo@simmentaler.org. Besoek ook www.simmentaler.org.

What do you think?

0 points
Upvote Downvote

Total votes: 0

Upvotes: 0

Upvotes percentage: 0.000000%

Downvotes: 0

Downvotes percentage: 0.000000%

Hilux

Word deel van die Hilux-familie…dis lekker

veesiektes

Siektes waarvoor boere nou moet oppas!