Loading
Handig
‘n Vol program vir Undercover Farming
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-14 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Besoekers aan die eerste Undercover Farming Ekspo en ASNAPP-konferensie kan ‘n verskeidenheid van plaaslike en internasionale sprekers te wagte wees. Op die konferensie wat by die Saint George Hotel &  Konferensie-sentrum in Pretoria gehou word vanaf 6 – 8 Maart 2012, sal sprekers van sover as Kenia, Nederland, België, Zambië, Namibië en Israel kom om afgevaardigdes toe te spreek.

 

Die konferensie vind plaas saam met die Undercover Farming Ekspo en sal geopen word deur die LUR vir Landbou in Gauteng, me Nandi Mayathula-Khoza. Die konferensie gaan oor intensiewe landboubedrywe en is saamgestel vir  bestaande en potensiële verskaffers en kopers van groente, blomme, vrugte en saailinge wat onder beskerming gekweek word.

 

Me Hanlie Delport, konferensiebestuurder, sê die konferensie het ‘n groot aantal internasionale sprekers gelok. Die hoogtepunt is die aanbieding vanMartin Helmich van Greenport Internasionaal in Nederland, wat gaan gesels oor volhoubare verbeteringe in kweekhuistegnologie, Stan Deckers van Bodemkundige Dienste in België, wat gaan gesels oor waterkwaliteit en Anton Bril van VGB in Nederland wat die nodigheid van ‘n volhoubare produksiereeks in die beskermde blommebedryf gaan bespreek.

 

Volgens me Delport is die sprekers almal wêreldleiers in hulle onderskeie velde en hulle bied kongresgangers ‘n ongelooflike geleentheid om by hulle te leer. 

 

Registrasie vir die konferensie is R2 000 (BTW uitgesluit) per persoon vir die volledige konferensie en R800 (BTW uitgesluit) per persoon vir ‘n wegbreeksessies.

Vir meer inligting besoek die webwerf by www.undercoverfarmingexpo.co.za of kontak vir me Delport by 073-231-0706.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia