Perde het spesiale voedingsbehoeftes en daarom het Advance Seed ‘n grasmengsel ontwikkel met ‘n unieke kombinasie van weidingsgewasse spesiaal vir perde. Die maatskappy sê in ‘n nuusvrystelling die gebalanseerde mengsel van grassade sal ‘n grasbron verskaf wat ryk is in voedingstowwe en proteïene, pasgemaakvir die voedingsbehoeftes van perde.
Die grasmengsel is ideaal vir omgewings waar die perde op stal gehou word, en waar ruimte beperk is sodat gras nie jaarliks oorgeplant kan word in verskillende of roterende kampe nie. Die opbrengs is hoër en die gras kan ook gebaal word.
Die gras lewer die beste resultate wanneer dit tussen September en Maart gesaai word. Die mengsel is ten beste geskik vir ’n subtropiese klimaat en moet ten minste 400 mm reën per jaar kry. Grond moet lig kleiagtige leem-eienskappe hê en vrugbaar wees. Die aanbevole saaidigtheid vir aanplantings in rye is 10 kg per hektaar en vir breedwerpig-gesaaide aanplantings ten minste 15 kg per hektaar.
Waar die druk van onkruide besonder hoog is, moet die grasmengsel in rye aange- plant word, aangesien dit dan later makliker geskoffel kan word.
Advance Seed sê sy talentvolle span gebruik hulle kennis om graskultivars en saadkombinasies te ontwikkel wat in die voedingsbehoeftes van spesifieke kuddes voorsien. Daarby werk Advance Seed saam met boere en kliënte om waar nodig aan hulle aanvullende raad en inligting te verskaf.
Soos in die geval van die meeste van Advance Seed se produkte, is die Horse Blend-grasmengsel ook bedek met Advance Seed se Agricote-saadbedekking wat voedingstowwe en groeistimulante bevat.
Hierdie saadbedekking vergemaklik die hantering van die saad tydens planttyd en bevorder die suksesvolle vestiging van sterker saailinge met verhoogde oorlewingsvermoë.
“Haal die raaiwerk uit saaiwerk met Advance Seed.”
Navrae: 011-762-5261, webwerf: www.advanceseed.com
Foto: Mooikrans Equus perdeplaas
Onderwerpe: Nuus





