Loading
Handig
Wye reaksie na gronduitsprake in Parlement
Deur Annemarie Joubert | Datum: 2012-02-16 | 0 Kommentaar
Puik 
 1
 | Swak 
 0

Dr Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, se standpunte in die Parlement oor grondbesit, het tot wye reaksie op nuuswebwerwe en in die media gelei. Dr Mulder het in sy repliek op President Jacob Zuma se staatsrede die stelling dat witmense al die grond wat hulle besit, gesteel het, verwerp. Hy sê sulke stellings moedig plaasmoorde aan.

Hy verskil ook van die departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake se syfer dat nog slegs 8% grond aan swartmense oorgedra is.

“Hoe bereken die departement hierdie 8% as daar geen finale grondoudit bestaan nie?” het dr Mulder in sy toespraak gevra.

“Daar word aanvaar dat die staat ongeveer 25% van die landoppervlakte besit. Vyf en twintig persent staatsgrond, wat nie “wit” grond kan wees nie, moet dan by die 8% getel word. Wat van die Ingonyama-trustgronde van 2,8 miljoen hektaar van die Zoeloekoning? Waar word dit en al die ander kommunale grond getel? Mnr. Ramaphosa en minister Tokyo Sexwale het onlangs verskeie plase by wit boere gekoop. Volgens ‘n bron in Vryburg het ’n maatskappy van mnr Sexwale onlangs 30 plase in daardie omgewing gekoop. Dit moet ook by die 8% getel word. In die Karoo en Kalahari is groot plase beskikbaar. Waarom koop die departement nie van daardie grond aan om vinniger die 30% te bereik nie? Hierdie semi-woestyn gronde word egter by die 87% propaganda persentasie as wit grond getel,” het dr Mulder tydens die debat gesê.

Volgens dr Mulder is die probleem met die herverdeling van grond nie die vrywillige koper en verkoper beginsel nie. Die probleem is die rampspoedige manier waarop grondhervorming toegepas word. Omdat grond ’n baie emosionele saak is moet die nasionale gesprek hieroor met feite en nie met propaganda-feite en emosionele slagspreuke gevoer word nie.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia