Loading
Handig
Vleispryse val geweldig
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-02-21 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Die Rooivleisprodusente Organisasie (RPO) het aangekondig dat die produsenteprys van Suid-Afrikaanse vleis met meer as 10% gedaal het gedurende die tydperk van Desember 2011 tot Februarie 2012. 

Volgens mnr Lardus van Zyl, voorsitter van die RPO, het  die produsenteprys  van A2/A3 beesvleis met 16,3% gedaal van R33,03 gedurende Desember 2011 na R27,64 in Februarie 2012.

Die daling in die produsenteprys van A2/A3 Suid-Afrikaanse lamsvleis vanaf R54,23 gedurende Augustus 2011 tot R47,47 in Februarie 2012 verteenwoordig ‘n daling van 12,5%.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het handelaars bedank vir prysverlagings wat deurgegee word aan verbruikers en het die handelaars wat dit nog nie gedoen het nie, versoek om dit wel te doen.

Die RPO het ook verbruikers aangemoedig om pryse te vergelyk en grootmaataankope te oorweeg wanneer bees - en skaapvleisaankope gedoen word.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Wees die eerste om kommentaar te lewer!
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderMei 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
19
20
21
25
27
28
30
31
Gee jou mening
Wat het die grootste invloed op jou aankoopbesluite vir die boerdery?

Artikel in ProAgri
Advertensie in ProAgri
Nampo
Internet
Ander boere
Ander landboumedia