Loading
Studente slaag met vlieŽnde vaandels danksy K2Agri
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-04-26 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Sewe suksesvolle plantproduksiestudente van Klein Karoo Saadbemarking se Delphina Opleidingsentrum het onlangs hul sertifikate ontvang. Die sewe student was algemene werkers by die Delphina Proefplaas op Schoemanshoek en het die Kollege vir Volhoubare Landbou (CSA) se NQF Vlak 1-kursus voltooi.

Volgens Lomo van Rensburg, besturende direkteur van Klein Karoo Saad  was die doel van die kwalifikasie om die werkers bloot te stel aan 'n algemene, holistiese perspektief van die primêre boerderysektor. Die oogmerk is verder dat hulle hierdie kennis sal deel met hulle medewerkers.

“Die kwalifikasie plaas hulle in 'n posisie om binne hul posvlak verantwoordelike besluite te neem, wat op basiese beginsels van agribesigheid en goeie boerderypraktyke berus.”

Die AgriSETA geakkrediteerde kursus het ‘n grondfasevak vir syfervaardigheid en kommunikasievaardigheid ingesluit. Daar was ook plantanatomie, grondvoorbereiding, die kweek van nuwe plantmateriaal, voedselveiligheid, volhoubare boerderystelsels en natuurbewaring, finansies en bestuur en hantering van agrochemiese middels.

K2 Klein Karoo Saadbemarking het die kursus as deel van sy opleidingsprogram befonds.


Met hul sertifikate vir sukses in die Plantproduksiekursus van die Kollege vir Volhoubare Landbou is vlnr: Leonard Diedericks (CSA), Pieter Swartbooi, Jolin Blaauw, Christiana Wessels, Adriaan Maart, Deon Murphy en Coenie Louw (Klein Karoo Saadbemarking.) Inlas: Surada McGregor. Afwesig: Heinrich Meyer                   

FOTO: Jan Greyling

 

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderJulie 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
Gee jou mening
Wat moet met Thandi Modise gebeur?

Neem haar plaas weg
Vervolg haar
Gee haar nog n kans
Sy moet eers landbou swot
Afgedank word