Loading
SALMA tevrede met trekker en stroperverkope
Deur ProAgri personeel-skrywer | Datum: 2011-10-06 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Danksy ‘n goeie maand vir trekkerverkope in September is die raming vir verkope in die 2011-kalenderjaar weer hoër aangepas tot tussen 7 000 en 7 200 eenhede het mnr Lane Reynolds, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie in ‘n verklaring gesê.

Dit sal ongeveer 35% tot 40% hoër as verkope in 2010 sal wees. 
 
Dit is die elfde opeenvolgende maand sedert November verlede jaar wat trekkerverkope vir die maand hoër was, vergeleke met dieselfde maand van die vorige jaar.
 
Trekkerverkope van 893 eenhede in September is meer as dubbel die verkope van 426 eenhede wat verlede jaar September gerealiseer het. Buiten verkope vir Oktober 2008, toe 963 eenhede verkoop is, is dit die tweede hoogste verkoopsyfer vir ’n maand sedert Junie 1983.

Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope byna 43% hoër as verkope vir die eerste nege maande van verlede jaar. 
 
Stroperverkope van 19 eenhede in September is aansienlik hoër as die 7 eenhede wat in September verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope van 194 eenhede 24% hoër as verkope vir die eerste nege maande van verlede jaar.
 
Die syfers weerspieël ‘n volgehoue optimisme in die mark vir landboumasjinerie. Die onlangse skerp daling in die waarde van die rand sal in die afsienbare toekoms lei tot prysverhogings en dit het baie boere laat besluit om hulle aankope te vervroeg. 
 
Die vooruitsigte vir kommoditeitspryse, spesifiek mieliepryse, lyk goed. Volgens aanduidings is graanvoorraad aansienlik verlaag, hoofsaaklik weens groter uitvoere. Vooruitsigte vir die komende koringoes lyk ook goed.

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
KalenderSeptember 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
Gee jou mening
Wie is reg? Moet rooivleisinvoere uit Namibië beperk word?

RPO
Voerkraalvereniging
Nie een nie
Ek weet nie