Loading
Regering moet meer buigsaam wees
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-05-03 | 0 Kommentaar
Puik 
 0
 | Swak 
 0

Suid-Afrikaanse boere moedig die regering aan om meer buigsaam te wees ten opsigte van arbeidswette. Dit volg op die verlies van 6 500 werkgeleenthede in die kommersiële landbousektor weens moeilike weersomstandighede en ‘n skerp toename in die minimumlone.

Volgens dr Theo de Jager van AgriSA, kan nog verliese verwag word sodra die vrugteboere se oeste in is. Boere kan nie nou afleggings bekostig nie, oestyd moet eers verby wees. Dr De Jager verwag dat die volgende verliese in Oktober sal begin. Die bedrywe wat die hardste getref is, is die tamatie-, bosbou- en vars vrugtebedryf.

Die minimum lone vir plaaswerkers het met 8,5% gestyg tot R7,71 per uur. Dr De Jager waarsku dat arbeidsintensiewe boere na lande soos Botswana, Mosambiek en Zambië sal verhuis waar die huur van grond en arbeidskostes laer is. Volgens dr De Jager kry swart boere die swaarste aangesien hulle nie die kapasiteit het om die loonverhogings te buffer nie.  

Philip van Zyl, besturende direkteur van ZZ2, Suid-Afrika se grootste tamatie-verskaffer, stem saam dat boere na groener weivelde gaan begin soek. Volgens hom is die minimumloon ‘n probleem aangesien dit buitensporig is in vergeleke met ons buurlande. Die streng arbeidswette veroorsaak dat werkgewers moeilik werknemers in diens neem. Die regering moet arbeidswetgewing verslap uit respek vir die ekonomies aktiewe bevolking sodat dit makliker sal wees vir ‘n onderneming om te groei.

AgriSA se onderhandelinge met die Arbeidsdepartement oor subsidies was tot dus ver onsuksesvol.

Bron:

www.freshfruitportal.com

Onderwerpe: Agri SA | Nuus
Lesers kommentaar
ProAgri is die trotse borg van:
ProAgri Video's - Ons wys hoe dit werk.All fresh logo
KalenderAugustus 2014
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
Gee jou mening
Sal bestuurderlose motors in SA werk?

Nee, Dit sal gesteel word
Te veel slaggate
Te veel onvoorspelbare taxis
SA padnetwerk lê te wyd.
Ja