Loading
Handig
Plaasbestuurder ‘n toegewyde natuurbewaarder
Deur Marlien van der Westhuizen | Datum: 2012-01-27 | 2 Kommentaar
Puik 
 1
 | Swak 
 0

Die Entabeni Wildreservaat in Limpopo het aantygings dat die park se bestuurder, mnr Jan Lessing, in besit van onwettige horings en tande was, ontken.

Mnr Lessing is deur die polisie in hegtenis geneem vir die besit van drie renosterhorings en vier olifanttande asook onwettige vuurwapens. Maar mnr Pete Richardson, wat by die park betrokke is, voer aan mnr Lessing het sy lewe gewy aan natuurbewaring. Mnr Richardson sê hy is onseker hoe die polisie tot hulle gevolgtrekking gekom het, maar dat dit moontlik is dat mnr Lessing nie al die nodige papierwerk ingevul het nie.

Mnr Richardson het verder gesê dat die horings afkomstig is van ‘n renoster wat agt jaar vantevore dood is, sowel as van ‘n kalfie wat verlede jaar dood is. Die olifanttande is ook van olifante wat jare gelede in die park dood is.     

Nadoodse-ondersoeke is op al die diere gedoen en gesertifiseerde verslae is gelewer. Die horings en tande is in die park se kluis geplaas vir bewaring, aangesien dit onwettig is om dit te begrawe of verkoop.

Die renosterkalfie, Yster, was ‘n weeskalfie en is deur mnr Lessing en sy span grootgemaak. ‘n Gesertifiseerde veearts het ‘n mikroskyf in die horing gesit voor dit verwyder is.

Mnr Richardson het bygevoeg dat mnr Lessing nie aangekla is vir die besit van onwettige vuurwapens nie. Hy het afgesluit deur te sê dat Entabeni Safari Natuurbewaring alle nodig papierwerk so gou moontlik sal verskaf sodat die saak tersyde gestel kan word.

 

Bron: News 24

 

 

Onderwerpe: Nuus
Lesers kommentaar
Posted by: Petrus_694
2012-01-31 @ 8:22:42
 Ja, ek stem saam. Los die onskuldiges uit!
Posted by: Jakkals
2012-01-27 @ 6:58:55
 Pleks dat hulle die ware stropers en verkopers aankeer
ProAgri is die trotse borg van:
All fresh logoAll fresh logo
Lees ProAgri-tydskrif
KalenderFebruarie 2012
SoMaDiWoDoVrSa
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
25
26
27
Gee jou mening
Hoekom trek renosterstropery meer aandag as plaasmoorde?

Dit trek nie meer aandag nie
Dit is polities meer korrek
Renosters kan nie terugskiet
Watter plaasmoorde?